Twee tienerseuns verkrag glo 14-jarige
Twee tienerseuns verskyn vandag (Don) in die landdroshof op Ondangwa in verband met die verkragting van 'n 14-jarige meisie.
Volgens die polisie se misdaadverslag het die voorval Maandag omstreeks 19:00 by die Uuyoka-nedersetting naby Onayena in die Oshikotostreek plaasgevind.
Die twee beskuldigdes is onderskeidelik 16 en 13 jaar oud.
Die seuns is Dinsdag in hegtenis geneem.
Ook in die Oshikotostreek is 'n agtjarige seun Dinsdag op die pad tussen Omuthiya en Ondangwa deur 'n vragmotor raakgery.
Die voorval het omstreeks 13:39 sowat 12 km vanaf Oshifukwa plaasgevind.
Die 32-jarige bestuurder van 'n vragmotor met 'n sleepwa het glo die seun, Appolos Lipuleni, 'n graad 3-leerling aan die Oshifukwa Gekombineerde Skool, raakgery toe hy die pad probeer oorsteek het.
Die seun is na bewering deur die sleepwa getref en sy linkerbeen is gebreek.
Hy is in die Omuthiya-staatshospitaal opgeneem en is in 'n stabiele toestand.
Niemand is in hegtenis geneem nie. 'n Klag van roekelose en nalatige bestuur is aanhangig gemaak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie