Twee sussies, 14 A’s

10 January 2017 | Onderwys
Tanja Bause – In 2013 het Mienke van der Westhuizen matriek met sewe onderskeidings geslaag. Drie jaar later het haar suster Jana presies dieselfde reggekry.

Mienke het BRek aan die Universiteit van Stellenbosch gaan studeer en in Desember haar graad met lof behaal. Nou gaan sy haar honneurs doen om ’n geoktrooieerde rekenmeester te kan wees.

“Ek het nog altyd van wiskunde en rekenkunde op skool gehou. As ’n gekwalifiseerde geoktrooieerde rekenmeester het ’n mens baie geleenthede en sal ek ook saam met mense werk,” sê Mienke.

Jana gaan vanjaar ook BRek op Stellenbosch studeer.

“Ek wou aanvanklik ’n fisioterapeut word, maar ek hou van syfers en het toe ook besluit om BRek te studeer. Dit aan dieselfde universiteit as my suster is, maar ons is darem in verskillende koshuise,” sê Jana.

Dit is nie net op skool wat die susters uitblink nie.

Jana het agt jaar lank aan ritmiese gimnastiek deelgeneem. Sy was selfs die afgelope drie jaar ’n afrigter. Sy het ook ballet gedoen en aan die einde van 2016 was sy deel van die Mary Poppins-verhoogstuk wat by Namibië se Nasionale Teater opgevoer is.

Ousus Mienke het op laerskool ook ballet geneem. Tydens haar hoërskoolloopbaan het sy moderne dansklasse en klavierlesse geneem.

Beide susters was op die leerlingraad van hul skool.

“Ek was net op die leerlingraad, maar Jana het dit verder gevat - sy was hoofmeisie van Windhoek Afrikaanse Privaatskool,” sê Mienke.

Volgens beide susters het hul tyd op die leerlingraad hulle heelwat lewensvaardighede geleer.

“Die groepswerk wat ’n mens op die leerlingraad leer doen, help mens ook in die lewe vorentoe. Ek kon alles wat ek geleer het toepas op die universiteit se koshuiskomitee. Ons reël sosiale byeenkomste en werk as ’n groep saam,” sê Mienke.

Dié slim sussie glo ’n mens kan nie net heeltyd leer nie.

“Jy sal van jou kop af raak as jy net leer en agter die boeke sit. Tydsbestuur, vriende en familie is baie belangrik. Jy moet ’n balans tussen leer, plesier, sosiale bedrywighede en buitemuurse aktiwiteite handhaaf.

"Om sulke goeie punte te behaal verg harde werk en toewyding die hele jaar deur. Jy kan nie net voor die eksamen begin leer en dink jy sal goed doen nie. Jy moet die hele jaar deur die ure insit,” sê sy.

“Dit is die Here se genade dat ons so goed doen. As jy die vermoë het om goed te doen, moet jy dit ten volle gebruik. Jy moet jouself motiveer en selfdissipline toepas. Stel vir jou ’n doelwit en maak seker jy bereik dit. Maak nie saak wat jou doelwit is nie: sport, kultuur of akademies. Sit die tyd in en bereik dit,” sê Jana.

“As jy ’n talent vir iets gekry het, moet jy dit ten volle benut. Jy moet hard werk. Niks kom vanself nie. Alles is moontlik as jy dit wil bereik,” voeg Mienke by.

Beide susters het ook gesê hul groot ondersteuningsnetwerk, bestaande uit hul ouers, vriende en familie, het hulle baie gehelp het om hul doelwitte te bereik.

Soortgelyk

 

Namibië: Jerusalem hoofstad van Israel én Palestina

2 dae gelede | Internasionaal

Die regering sê in ‘n verklaring hy het om groot kommer kennis geneem van die die VSA se aankondiging dat hy Jerusalem as hoofstad van...

Rynand Mudge herstel ou geboue

2 dae gelede | Omgewing

Augetto Graig Windhoek se geskiedenis het sedert 1910 en 1913 voor die historiese Gathemann- en Erkrath-gebou in die stad se hoofstraat afgespeel. Die geboue, wat...

EU-lys g'n 'swartlys'

2 dae gelede | Internasionaal

Ronelle Rademeyer “Die EU het Namibië nog nooit as 'n belasting­toevlugsoord beskou nie. Dit is 'n totale misverstand.”Só het die Europese Unie se ambassa­deur in...

Raad vir jong ondernemers

2 dae gelede | Onderwys

‘n Gids oor volhoubare ontwikkeling vir jong ondernemers in Namibië verskyn vandag in Namibia Media Holdings (NMH) se dagblaaie en is gister amptelik bekend gestel.Die...

Kalender 8 Desember

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Wees deel van die eerste weergawe StArt Art Salon vandag by die Macadam-mark. StArt Salon Volume 1 is ’n “salon-styl”-utstalling wat...

Weer vir 7 Desember

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die verre oostelike gedeeltes, andersins gedeeltelik bewolk en baie warm met 'n paar tot geïsoleerde donderbuie maar verspreide...

Crimson House en Andra deel verhoog by kus

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Die Suid-Afrikaanse groep Crimson House bring hul Gypsy Jungle-vertoning oor die feestyd na Swakopmund. Crimson house sal saam met sangsensasie Andra van 19 tot 22...

Een stem, ’n kitaar en baie Stone-emosie

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Die Warehouse-teater is dié plek vir kultuur, vermaaklikheid, yskoue bier en pizza in Windhoek. Hierdie gewilde landmerk het onlangs sy 5de verjaardag gevier sedert dit...

Bekendstelling van StArt Salon uitstalling by Macadam-mark

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Wees deel van die bekendstelling van die eerste volume van StArt Salon vanaand by die Macadam-mark. StArt Salon Volume 1 is ’n “salon-styl”-utstalling wat die...