Twee rowers vas, filmspan se toerusting gevind
Die polisie het pas bekend gemaak dat twee van die vyf gewapende rowers wat Vrydagmiddag die filmspan van Endemic Productions en die bluesmusikant Riaan Smit in die veld naby Elisenheim aangeval en beroof het, vasgetrek is.
Die filmmakers, Liberty Lister Verbaan, Renier de Bruyn en Laurant Hesemans, se duur video- en kameratoerusting van digby N$500 000 is ook teruggevind.
Hulle was besig om 'n musiekvideo te verfilm toe die vyf mans, gewapen met messe, uit die bosse te voorskyn gekom het. Smit het verbete baklei om sy kitaar te behou en is in die proses erg beseer. Hesemans is in die gesig geskop en ook beseer.
Volgens die polisie is die mans om 14:00 (Maandag) in Okuryangava vasgetrek. Hulle sal Woensdag in die hof verskyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie