Twee ongedeerd ná minibus in vlamme uitbars
'n Minibus het laat Sondagaand sowat 13 km van Swakopmund af op die B2-roete na Walvisbaai in vlamme uitgebars.
Volgens West Coast Safety Initiative Namibia se Facebookblad het die twee insittendes 'n brandreuk in die bussie opgemerk. Net toe hulle die minibus van die pad afgetrek het, het dit in vlamme uitgebars. Niemand is in die voorval beseer nie.
Die brand is deur die Walvisbaaise brand- en reddingsdienste geblus.
Nóg 'n ongeluk in die Erongostreek het Saterdag omstreeks 18:15 op die grondpad tussen Uis en Hentiesbaai, sowat 50 km van dié kusdorp af, plaasgevind waarin drie Duitse toeriste ernstig beseer is.
Die bestuurder van die sedan, die 22-jarige me. Anna Kopper, ook 'n Duitse toeris, het glo beheer oor die voertuig verloor waarna dit die pad verlaat en omgeslaan het. Sy het geen beserings opgedoen nie.
Die passasiers, mnr. Klaus Jonas (25), mee. Eva-marie Charlotte Billing (26) en Franca Antonia Erlenback (23), is ernstig beseer en na die Cottage Mediclinic op Swakopmund vir mediese behandeling geneem. Almal is in 'n stabiele toestand.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie