Twee naweke later veg boksers weer

Andrew Poolman
Andrew Poolman – Beide boksers in die hoofgeveg van MTC Kilimandjaro promosies se “Movers and Shakers” beroepstoernooi môreaand op Eenhana se laaste baklei in die bokskryt was ’n skrale twee naweke gelede.

Die hooftrekpleister – gunsteling vir die hoofgeveg – is die klub se ontluikende ster Michael Benhard, seun van die hoofafrigter en voormalige Olimpiese deelnemer Joseph Bernard.

Benhard het op 9 November by die Windhoek Buiteklub sy skoon beroepsrekord op die spel geplaas, maar het ietwat gesukkel om die ongemalike styl van Frans Naanda van Swakopmund baas te raak.

Naanda se guerilla-styl om vinnig in en uit te beweeg en die afstand met sy steekhou en die sporadiese opstopper te beheer, het vir die buiteperd vrugte afgewerp.

Die geveg was oor net vier rondes en die tellinghouers se berekeninge het in ’n gelykopuitslag geëindig.

Benhard se opponent môreaand is Dominikus Weyulu – ’n vasberade, maar beperkte bokser wat nege uit sy laaste elf gevegte verloor het (drie keer uitgeslaan).

Benhard se professionele debuutgeveg was in Augustus verlede jaar teen die einste Weyulu op Ongwediva en hy het met ’n eenparige puntesege weggekom.

Twee naweke gelede het Weyulu nog een van sy dapper, maar vergeefse vertonings gelewer toe die gunsteling Sebastian Natanael as puntewenner aangewys is ná vier rondes waarin niemand op die krytvloer beland het nie.

• Ander ervare boksers wat in môreaand se skouspel in die Ohangwenastreek in aksie sal wees, sluit in Emmanuel Mungandjera (15 gewen, drie verloor), wat sy nasionale weltergewigtitel teen ’n potensieel piesangskil genaamd Edison Hipondoka (5-2) op die spel plaas.

Die mees ervare vegter vir die aand is Abraham Ndaendapo, ’n junior liggewig met 17 oorwinnings, vyf nederlae en een gelykopuitslag. Hy sal opgeweeg word teen David Shinuna (7-4-1).

FOTO’S

1 en 2: Michael Benhard in sy geveg laas naweek teen Frans Naanda.

3 Emmanuel Mungandjera. Foto’s Andrew Poolman

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!