Twee Namibiese strande onder top-25 in Afrika

CNN Travel het die 25 beste strande op die vasteland aangewys.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Twee Namibiese strande het CNN Travel se lys van die top-25 beste strande in Afrika gehaal.

Swakopmund en die Skedelkus is onder die beste 25 strande op die vasteland. Die Skedelkus is in die 15de plek en Swakopmund is kort op sy hakke in die 16de plek op die lys.

Oor die Skedelkus sê CNN Travel daar is min strande wat so spookagtig pragtig soos die Skedelkus is. “Die wye, ruwe strand tussen Swakopmund en die Kunenerivier is dikwels toe onder die mis weens die koue lug oor die Atlantiese Oseaan wat die Namibwoestyn se warm lug ontmoet.

Die strand het 'n begraafplaas vir gestrande skepe in vlak, rotsagtige waters geword.”

CNN Travel se wenk vir reisigers na die Skedelkus is “verwag om baie robbe en voëllewe naby die wrakke te sien”.

CNN Travel vra: “Wat is 'n strand as dit nie 'n speelgrond is nie? Swakopmund het homself as 'n avontuursentrum herontdek met alles van visvang tot branderplankry, kajakritte, kwadritte en sandski.”

Volgens toeriste word die dorp dikwels beskryf as “meer Duits as Duitsland, so gaan eet by die Bavaria-styl restaurant, die Swakopmund Brahaus”.

CNN Travel skryf: “Niemand gaan sê Afrika het die beste strande in die wêreld nie, maar daar is wel van hulle.

“Van die windgekieliede strande van die Seychelles tot die spookagtige Skedelkus van Namibië - die vasteland se kuslyn bied 'n groot verskeidenheid en is dramaties.”

Die top-25 beste strande in Afrika is Sharm el-Sheikh in Egipte, Watamu en Diani-strand in Kenia, Nungwi op die eiland Zanzibar van Tanzanië, Chitimba in Malawi, Anse Soleil op Mahe en Anse Source d'Argent op La Digue in die Seychelles, Belle Mare op Mauritius, Ifaty op Madagaskar, Tofo Beach en Bazaruto in Mosambiek, Uvongo, Koffiebaai aan die Wildekus, en Kampsbaai aan die Weskus van Suid-Afrika, die Skedelkus en Swakopmund in Namibië, Loango Nasionale Park in Gaboen, Beyin-strand in Ghana, Banana Beach in Sao Tomé n Príncipe, River Nr. 2-strand in Freetown in Sierra Leone, Cap Skirring in Senegal, Chaves-strand in Boa Vista op Kaap Verde, Essaouira en Dakhla in Marokko en Sidi Bou Said in Tunisië.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!