Twee meisies, een vrou die naweek verkrag
Twee negejarige meisies en 'n vrou (53) is die naweek volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag verkrag.
Volgens die verslag is een negejarige meisie Vrydag op Tallismanus in die Omahekestreek glo deur 'n 54-jarige man verkrag en die ander negejarige meisie Saterdag glo deur 'n 36-jarige man op Gaichanas naby Tses in die ||Kharasstreek.
Albei verdagtes is in hegtenis geneem. Die 54-jarige man sal vandag in die hof verskyn.
Op Rehoboth se Blok G is 'n vrou (53) Saterdag tussen 17:00 en 18:00 toe sy deur 'n rivierbedding gestap het, glo deur 'n 19-jarige man van agter gegryp.
"Hy het haar voor sy 20-jarige vriend verkrag. Sy is later deur ander mense gered en hospitaal toe geneem waar sy in 'n stabiele toestand is," sê die polisie.
Die verdagte en sy vriend is in hegtenis geneem en die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie