Twee meisies onnatuurlik dood
Francoise Steynberg - Twee meisies het Sondag onnatuurlik gesterf.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die 10-jarige Zemburuke Tjipose omstreeks 17:00 by die Ongongo-nedersetting naby Opuwo in die Kunenestreek gesterf nadat sand uit 'n grot in die rivier op haar geval het.
"Dit word beweer dat sy saam met ander kinders in 'n rivierbedding gespeel het waar grotte is," sê die polisie.
Haar naasbestaandes is van haar dood ingelig en die ondersoek duur voort.
Ndalulilwa Ester Shetuuke (3) is omstreeks 21:08 by die Egundjilo-nedersetting naby Oshifo in die Omusatistreek by haar huis dood onder 'n boom gevind.
"Sy is deur haar ouma in die sorg van 'n 7-jarige seun gelos. Die oorsaak van haar dood is onbekend en 'n nadoodse ondersoek sal die oorsaak bepaal," sê die polisie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie