Twee meisies (9), een vrou verkrag
Twee meisies (9), een vrou verkrag

Twee meisies (9), een vrou verkrag

'n Lid van die Namibiese weermag is weens N$20 000 se dagga in hegtenis geneem en 'n sekuriteitswag oor 'n lewende ietermagô en twee ietermagôvelle.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is twee negejarige meisies en 'n vrou (53) glo die naweek verkrag.

Volgens die verslag is een negejarige meisie Vrydag op Tallismanus in die Omahekestreek glo deur 'n 54-jarige man verkrag en die ander meisie Saterdag deur 'n 36-jarige man op Gaichanas naby Tses in die ||Kharasstreek.

Twee verdagtes is in hegtenis geneem. Die 54-jarige man sal vandag in die hof verskyn.

Saterdag tussen 17:00 en 18:00 is 'n vrou (53) in Rehoboth se Blok G glo deur 'n 19-jarige man van agter gegryp toe sy deur 'n rivierbedding gestap het.

"Hy het haar voor sy 20-jarige vriend verkrag. Sy is later deur ander mense gered en hospitaal toe geneem waar sy in 'n stabiele toestand verkeer," sê die polisie.

Die verdagte en sy vriend is in hegtenis geneem en die polisieondersoek duur voort.

Twee gewapende rooftogte het die naweek in Windhoek plaasgevind. Een was Vrydag omstreeks 21:00 in Goldenstraat in Cimbebasia toe drie mense in 'n voertuig gesit het en glo deur vier onbekende verdagtes met 'n vuurwapen gedreig en aangeval is.

"Die verdagtes het hul besittings geëis en met die voertuig, 'n bruin Mercedes Benz ML350 met 'n Angolese registrasiemerk, op die vlug geslaan,' sê die polisie.

Die voertuig is Saterdag omstreeks 03:30 by Havana se stortingsterrein naby die Laerskool Havana gevind.

“Ander gesteelde goedere wat aan die drie insittendes behoort het, soos selfone, bankkaarte en 'n onbekende bedrag kontant, is nog nie gevind nie,” sê die polisie.

Niemand is al in hegtenis geneem nie.

Die ander gewapende rooftog het Sondag omstreeks 19:00 in die veld naby Prosperita plaasgevind waar mnr. Antonio Walter (40) besig was om sy dooie hond te verbrand.

“Drie mans het hom aangeval en met 'n vuurwapen aangehou. Hulle het met sy bakkie, 'n wit Toyota Hilux D4D, op die vlug geslaan waarin sy .22-geweer en 'n rewolwer was,” sê die polisie.

Die voertuig is 'n uur later verlate langs die spoorlyn in dieselfde gebied gevind, maar die vuurwapens is steeds soek.



IETERMAGô EN VELLE

'n Sekuriteitswag (56) is Vrydag omstreeks 11:30 by die padblokkade tussen Windhoek en Okahandja glo in die besit van een lewende ietermagô en twee ietermagôvelle betrap.

Hy sal aangekla word van die onwettige besit van en handel in beheerde wildprodukte.

Vyf mans het Vrydag omstreeks 22:00 glo vee op die plaas Klein Zania naby Leonardville in die Hardap­streek gesteel en op hul voertuig gelaai.

“Die verdagtes is tydens 'n nag­patrollie met vyf bokke en drie skape ter waarde van N$7 400 in hul besit gevind,” sê die polisie.



WEERMAGLID VAS OOR DAGGA

'n Lid van die Namibiese weermag (NDF) wat by Luiperdsvallei gestasio­neer is en 'n 32-jarige man is in besit van dagga ter waarde van N$20 000 betrap.

Hulle is Sondag omstreeks 16:00 by 'n huis in Sinaistraat in Katutura in hegtenis geneem.

Die polisieondersoek duur voort.

Op Oshakati word 'n saak van roekelose en nalatige bestuur ondersoek nadat mnr. Petrus Kathindi (25) Vrydag omstreeks 23:35 naby die Okandjengedi-brug raakgery is toe hy oor die pad wou stap.

“Hy het ernstige kopbeserings opgedoen, maar is in 'n stabiele toestand in die Oshakati-staatshospitaal,” sê die polisie.

Niemand is in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.85 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.85 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%