Twee meises gevind ná meer as 'n week in veld
Die twee meisies wat sedert verlede Maandag in die Kunenestreek vermis was, is gistermiddag gevind.
Kangombe Kangombe (4) en Uahindua Kangombe (5) is buite gevaar nadat hulle vir ‘n week en twee dae in die veld vermis was.
Hulle is op Maandag 30 Oktober as vermis aangemeld in die omgewing van die Okongoro-nedersetting naby Werda toe hulle glo gestuur is om perde in die veld te gaan soek, maar nooit teruggekeer het nie.
Die Namibiese polisie (Nampol) se koördineerder van misdaadondersoeke in die Kunenestreek, adj.komm. Rudolf Kanyetu, het nie meer inligting oor verskaf nie.
“Ek is ingelig dat die jonger meisie sterker as haar ouer suster is, maar dit gaan goed met albei,” het hy gesê.
Die meisies is na die kliniek in die Otjokavare-nedersetting naby Sesfontein vir ‘n mediese ondersoek geneem . - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie