Twee kinders sterf in brand
Twee kinders, Katrina Immanuel (9) en haar agtjarige broer, Thomas Immanuel, het onherkenbaar verkool toe hul sinkhuis vroeg Sondagoggend in die Omdel-nedersetting by Hentiesbaai afgebrand het.
Volgens hoofinsp. Daniel Gurirab, koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, het die kinders se pa blykbaar die deur gesluit, die huis verlaat en ‘n brandende kers binne by hulle gelos.
“Die brand is omstreeks 03:20 aangemeld. Ondersoeke duur voort om die oorsaak daarvan vas te stel.”
Tydens ‘n ander voorval het ses sinkhuise Vrydagaand omstreeks 23:00 in die Oletweni-nedersetting by Swakopmund afgebrand.
Geen beserings is aangemeld nie, maar die inwoners se besittings het tot as verbrand.
“Die brand het blykbaar by die sinkhuis in die buurhuis se erf begin, en het toe na die ander ses sinkhuise versprei. Die oorsaak van die brand kon tot dusver nie bepaal word nie.”
Vroeër die Vrydagmiddag het verskeie sinkhuise ook in die Tutaleni-woonbuurt van Kuisebmond op Walvisbaai afgebrand.
Geen beserings is aangemeld nie. Sondagmiddag het ‘n brand in 'n woonstel in die Union Court-gebou op Walvisbaai vernietig.
Die brand is vinnig geblus voor dit na ander woonstelle kon versprei. Die oorsaak van die brand is vermoedelik ‘n foutiewe elektriese prop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie