Twee kinders met stok doodgeslaan
’n Angolese burger is in hegtenis geneem ná hy twee minderjarige kinders na bewering doodgeslaan het en hul ouma ernstig gewond het.
Die voorval het Vrydag by die Okatanyange-nedersetting by Outapi plaasgevind.
Volgens insp. Linekela Shikongo, woordvoerder van die Namibiese polisie in die Omusatistreek, is die seuns as Linus Ndapuka (12) en Thomas Malakia (8) geïdentifiseer.
“Die verdagte het die kamer waarin die drie mense geslaap het, na bewering om middernag binnegegaan. Hy het hulle verskeie kere met ’n mopanieboomtak en ’n skoffel se handvatsel geslaan. Die twee kinders het op die toneel gesterf,” het sy gesê.
Die ouma is volgens Shikongo met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem, waar na wat verneem word vasgestel is sy is ook verkrag.
“Sy verkeer in ’n ernstige toestand,” het sy gesê.
Die verdagte het glo van die toneel gevlug en is Saterdag om 16:30 op Outapi in hegtenis geneem.
Die polisie ondersoek nog die motief vir die aanval.
Die man staar twee klagte van moord, een van poging tot moord en een van verkragting in die gesig.
Vrou glo deur kêrel vermoor
Sondag is ’n 22-jarige student aan die Universiteit van Namibië (Unam) glo deur haar kêrel vermoor.
Dié voorval het om 22:00 by ’n huis oorkant die universiteit se Hifikepunye-kampus op Ongwediva plaasgevind.
Volgens die Namibiese polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Oshanastreek, adj.komm. Hilja Haipumbu, het die 27-jarige verdagte glo van Windhoek af gereis om die oorledene me. Helao Hamuteta
te besoek.
Die derdejaar onderwysstudent woon na wat verneem word in haar tannie se huis oorkant die kampus.
Die oorledene is na bewering met vyf meswonde aan haar lyf in die huis gevind. Haar keel was glo ook afgesny.
Sy het op die toneel gesterf.
“Die verdagte het die toneel verlaat en homself dieselfde nag om 23:00 aan die polisie oorhandig,” het Haipumbu gesê.
Die man het Maandag vlugtig in die landdroshof op Oshakati verskyn en is borgtog geweier. Hy is as mnr. Paulus Nghipulenga geïdentifiseer.
– Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie