Twee in helikopterongeluk beseer

21 April 2017 | Ongelukke
Tanja Bause – 'n Hughes 300-helikopter met registrasie V5-HEH het Vrydag omstreeks 16:40 in 'n boom vasgevlieg. Die ongeluk het op die plaas Môrester, sowat 30 kilometer van die Buitepos-grenspos af, plaasgevind. Twee insittendes was aan boord van die helikopter. Dié inligting is vervat in 'n verslag wat deur mnr. Erickson Nengola, direkteur van vliegtuigondersoeke in die ministerie van werke en vervoer, vrygestel is.

Volgens kapt. Oskar Plichta, hoofondersoekbeampte van die direktoraat, het die helikopter opgestyg om wild uit die lug met 'n pylgeweer te verdoof. Die 29-jarige passasier het die pylgeweer beman.

“Die helikopter het nie met impak aan die brand geslaan nie, maar is heeltemal verwoes,” het Plichta gesê.

Volgens hom het mense op die grond hulle na die ongelukstoneel gehaas en die 27-jarige vlieënier en sy passasier uit die wrak gehaal.

Die beseerdes is in voertuie gelaai en na die Gobabis-staatshospitaal geneem. Die helikopter het aan mnr. Jannie Swart van Etosha Helikopters, wat vir wildvangdoeleindes gebruik word, behoort.

’n Woordvoerder van die Namibiese polisie, inspekteur Pendukeni Haikali, het mnr. Namlil Bradley as die vlieënier en mnr. Wouter Barnard as die passasier geïdentifiseer.

Soortgelyk

 

Oorplaatjies doring in vlees

14 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Uitvoerders van kleinvee na Suid-Afrika sê hulle sukkel om die kloutjie by die oor te bring oor waarom dit van 1 September...

Gobabis-moordverhoor

14 ure gelede | Howe

Jacqueline LouwDie verhoor in nóg 'n geval van geslagsgebaseerde geweld het gister in die hoërhof in Windhoek tot 'n einde gekom met die afhandeling van...

Kortnuus

14 ure gelede | Misdaad

Seun sterf in busongelukOtjiwarongo – 'n Seun het gesterf nadat die bus waarin hy en nog 27 insittendes op pad na Oshakati was, gister omstreeks...

Boois vas vir tenderbedrog

14 ure gelede | Regering

Die geskorste hoof van die Hardapstreeksraad, me. Yvonne Boois, is op aanklagte van tenderbedrog in hegtenis geneem. Haar inhegtenisname is deur mnr. Nelius Becker, hoof...

Weer, Woensdag 23 Augustus 2017

14 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig tot warm in die Suide. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees met winderige toestande wat oor die...

Tellermasjien geskud

14 ure gelede | Misdaad

First National Bank (FNB) se tellermasjien (OTM) by die ou kragstasie in Windhoek se suidelike nywerheidsgebied is Maandag omstreeks 01:15 oopgebreek. “Ons kan op die...

Uitspraak oor moord kom in November

14 ure gelede | Howe

Jacqueline LouwRegsverteenwoordigers het Maandag hul slotbetoë in die verhoor van mnr. Willem Barnard (64) voor regter Naomi Shivute gelewer.Barnard het vroeër vanjaar in sy eie...

Regering sê oor Zimbabwiese gegradueerdes

14 ure gelede | Ministeries

Catherine Sasman – Die kabinet het in reaksie op protes deur Namibiese gegradueerdes oor die voortgesette indiensname van Zimbabwiese argitekte en bourekenaars die ministerie van...

Nudo nie geraak deur Swapo-oorlopery

14 ure gelede | Politiek

Nudo se sekretaris-generaal, mnr. Meundju Jahanika, beskuldig Swapo van “goedkoop propaganda” deur te beweer dat tot soveel as 200 van Nudo se lede op Okamatapati,...