Twee gesinne in rou gedompel

'n Peuter is Woensdagmiddag per ongeluk by 'n motorwassery doodgery, sê die polisie.
Denver Kisting
Denver Kisting - Minder as twee weke nadat 'n eenjarige kind op Walvisbaai onder 'n motor beland het en doodgery is, het 'n soortgelyke tragedie Rehoboth getref.

Eldine Claasen, wat een jaar en een maand oud was, was eergistermiddag in haar pa se sorg by die motorwassery waar hy werk.

Omstreeks 17:00 het 'n 24-jarige vrou 'n boks vleis by die wassery gaan oplaai.

Terwyl dié vrou die vleis in haar motor gelaai het, het Eldine ongemerk onder die voertuig ingekruip.

Adj.komm. Eric Clay, polisiekoördineerder van die Hardapstreek, het gister gesê die vrou het begin ry en só per ongeluk oor Eldine gery.

Personeel van die wassery het haar gestop net voor sy deur die hek gery het om haar in te lig oor wat gebeur het.

Sy en die baba se pa het die baba opgetel en met haar hospitaal toe gejaag.

Clay sê die baba is egter met haar aankoms by die staatshospitaal op Rehoboth dood verklaar.

Die polisie ondersoek 'n saak van strafbare manslag, het die senior polisiebeampte gesê.

Republikein verneem die vrou se eie baba is so oud soos die ontslape baba.

Op Vrydag 3 Augustus is 'n ander peuter, ook een jaar oud, voor 'n huis in Kuisebmond op Walvisbaai doodgery.

Hoofinsp. Kauna Shikwambi, 'n polisiewoordvoerder, het vroeër dié voorval bevestig.

Volgens haar het dié kind ook ongemerk onder 'n voertuig beland.

Dié motor was omstreeks 13:15 op daardie dag voor die huis geparkeer.

Toe die 32-jarige bestuurder die voertuig aanskakel en ry, is die baba noodlottig getref.

Shikwambi het gister by navraag na dié voorvalle as tragies verwys.

“Dit is baie hartseer.”

Intussen sê die Windhoekse kliniese sielkundige, dr. Shaun Whittaker: “Die dood van 'n kind tref altyd die hardste.”

Hy het benadruk dat iemand agter die stuurwiel tydens só 'n tragedie en diegene wat dit aanskou, vir maande aan skok kan ly.

“Dit moet emosioneel baie pynlik wees.”

Volgens hom word iemand met wie dít gebeur, deur skuldgevoelens gekasty. “Hulle moet deur geweldige emosionele wroeging gaan.”

Whittaker sê 'n mens se hart gaan ook uit na die naasbestaandes van die peuters. “Dit vat baie lank om so iets te verwerk. 'n Mens moet aanvaar die rouproses is ongelukkig 'n baie lang proses en almal sê die (verwerking van die) dood van 'n kind is 'n selfs meer ingewikkelde proses.”

Sy raad is dat mens aktief met jou roureis moet omgaan.

“Mens hoop dat hulle hulself uiteindelik sal vergewe en kan aanbeweeg.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!