Twee Chinese moordbeskuldigdes borgtog geweier
Twee Chinese moordbeskuldigdes borgtog geweier

Twee Chinese moordbeskuldigdes borgtog geweier

Francoise Steynberg
Twee Chinese mans wat daarvan aangekla word dat hulle hul voormalige werknemer in April by die Andara-nedersetting in die Kavango-Oosstreek doodgeskiet het, is borgtog geweier.

Mnre. Chen Xuefeng (29) en Zhou Zhenhai (31) se borgtogverhoor was vanaf Maandag tot gister in die rondgaande hof op Mukwe.

Landdros Sonia Sampofu het nie borgtog aan die beskuldigdes toegestaan nie, op gronde van hul vlugrisiko en die ernstige aard van die klagte teen hulle. Sy meen ook die twee kan met staatsgetuies inmeng en dis vir hul eie veiligheid in hul beste belang dat hulle in aanhouding bly.

Die twee sakemanne is in April in hegtenis geneem nadat die 34-jarige Haushiku Andreas Muyevu doodgeskiet is.

Die twee beskuldigdes was bereid om borgtog van N$100 000 elk te betaal en het deur hul regsverteenwoordiger, mnr. Florian Beukes, aangevoer dat hulle kinders in Namibië het om te onderhou en hul besighede daaronder ly terwyl hulle agter tralies is.

Mnr. Steven Haradöeb verteenwoordig die staat.

Die landdros het die saak tot 7 Oktober uitgestel. - Nampa

Foto Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!