Twee broers, twee wêrelde

09 March 2018 | Kuns en vermaak
Cornelia de Kock - Twee broers, twee boeke – feite vreemder as fiksie.

In 2017 verskyn hierdie boek oor die lewe van Winston Wicomb. Twee jaar vantevore het die biografie Kleur oor die lewe van sy broer, Randall Wicomb, verskyn - albei uit die pen van Amos van der Merwe.

Randall was sy ma se goue seun, die witbroodjie met die ligte vel en blonde hare. Winston, met die donker vel, is gedwing om van sy waardevolle besittings aan sy broer, die Maties-student, te skenk - selfs sy eerste motor wat hy met swaarverdiende geld gekoop het.

Wet nr. 30 van 1950, die Bevolkingsregistrasiewet, was die bepalende faktor in die lewe van die Wicomb-kinders. Hul ouers was van gemengde herkoms. Wicky het haar kinders se geboortedae en -jare verander om te verseker dat hulle as wit geklassifiseer sou word.

Vital Remains, essensiële puin, eintlik pynlike oorblyfsels van Winston se lewe, word meesterlik deur Van der Merwe verwoord. Tevergeefs het klein Winston gewas en geskrop om sy vel ligter te kry. Van kleins af is hy vir besoekers agter die klerekas weggesteek – met die wete dat sy bruinwees verberg moes word.

Hy was te donker vir die goeie Afrikaanse skool wat sy broer kon bywoon. Hy is na ’n Engelse skool gestuur. Op sy eerste skooldag het sy ma aan hom gesê: “Don’t speak at all, otherwise people will see how stupid you are.” Hierdie woorde van sy ma sou hy nooit kon vergeet nie.

Swak punte in Engels het hom sy universiteitstoelating gekos. Later is hy terug skool toe om dié punt te verbeter en het daarna aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer.

Besonderse mense sou uiteindelik ’n verskil in Winston se lewe maak.

Soos die onderwyser wat hom aangemoedig het om met volharding te studeer en nógmaals te studeer.

Of die weermagsersant wat sy sterk karaktertrekke raakgesien het en van sy eie kleurvooroordele genees is.

En dr. Chris Barnard, wat die eintlike rigtinggewer in Winston se lewe was. Die beroemde hartchirurg het besef dat Winston, die amateur-motorwerktuigkundige, ’n kansvatter in die beste sin van die woord is. Hy het Winston deel van sy hartspan gemaak met die opdrag om ’n pomp te ontwikkel wat ’n skenkerhart ure lank lewend sou hou.

Ná Winston se uiters suksesvolle poging om so ’n pomp te ontwikkel, het Barnard aan hom gesê: “Well ­

done, Winston.You have changed the course of history today.”

Winston kon toe finaal agter die klerekas uitklim. Hy het sy doktorsgraad voltooi en word wêreldwyd beskou as ’n kenner op die gebied van orgaanoorplanting. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Plastieksakke uit nasionale parke verban

2 dae gelede | Omgewing

Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het plastieksakke uit alle nasionale parke in die land verban. Die minister het gemaan geen...

Nampol-beamptes skuldig aan nalatigheid

2 dae gelede | Misdaad

Twee senior polisiebeamptes wat intern ondersoek is vir hul beweerde nalatigheid om betyds te reageer in ‘n saak waarin ‘n 18-jarige vyf familielede vroeër vanjaar...

Ollies les hul dors

2 dae gelede | In beeld

Namibiërs in die Zambezistreek kan vandag na verspreide donderbuie uitsien, terwyl dié elders in die binneland vir eers nog met enkele tot geïsoleerde buie tevrede...

Ekonomie: Hou sand uit wiele

2 dae gelede | Politiek

Ronelle Rademeyer Dubbele belasting, soos belasting op dividende en belasting op kapitaalwins is immoreel en gaan nié die ekonomie laat groei nie.'n Ekonomie is die...

PS'e binnekort nié permanent

2 dae gelede | Regering

Denver Kisting - As beplande wetgewing deurgevoer word, is PS’e binnekort nie meer “permanent” in die tuig nie.Hiernaas sal dié rekenpligtige beamptes van ministeries ook...

Gróót regshervorming binnekort op pad

2 dae gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die werksaamhede van die land se howe word deur verskeie uitdagings gekortwiek.In die lig van hervorming wat die minister van justisie, mnr....

Ongelukke: Namibië 45ste op wêreldranglys

2 dae gelede | Ongelukke

Padongelukke kos Namibië jaarliks N$1,3 miljard en is die oorsaak van 3,76% van die land se totale sterftes.Dié skokkende syfers is Dinsdag namens die minister...

Weer vir 23 November 2018

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloe­dig warm in die ||Kharasstreek en die Weste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele...

Weer, Donderdag 22 November 2018

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie tot bloedig warm in die //Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Enkele donderbuie word in...