Twee bemanningslede positief vir Covid-19

Ná die aankondiging dat Walvisbaai weer onder fase-1-inperking geplaas word, het wetstoepassers onmiddellik aan die werk gespring en kan bouwerk aan die tydelike kwarantyn- en isolasiefasiliteit begin.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht & Leandrea Louw – Walvisbaai huisves tans drie aktiewe gevalle van Covid-19 ná ‘n 51-jarige man Saterdag positief vir die virussiekte getoets het.

Dit volg ná twee lede van dieselfde bemanning van ‘n vissersboot wat in April sout en visprodukte in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) afgelewer het, nou positief vir Covid-19 getoets het.

Namibië se jongste en 24ste Covid-19-geval, ‘n 51 jarige man, was saam met geval 22, ‘n 63-jarige man, deel van die bemanning wat op 5 Mei terug op Namibiese bodem was. Die bemanning wat uit vier Namibiërs en vier buitelanders bestaan het, het nooit die boot in die DRK verlaat nie, maar Kongolese het egter wel aan boord gekom.

Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), dr. Kalumbi Shangula, toon die jongste geval geen simptome van die siekte nie en is hy tans in die isolasie-eenheid van die Walvisbaaise distrikshospitaal.

Geval 22 was teen druktyd steeds aan ‘n ventilator in die intensiewesorgeenheid van ‘n Walvisbaaise private hospitaal gekoppel, maar Shangula sê hy toon respiratoriese verbetering.

Vrydag het Shangula Namibië se 23ste geval aangekondig, ‘n 38-jarige Namibiese vrou wat op 23 Mei van Dar es Salaam, Tanzanië, na Namibië gereis het. Die vrou was sedert haar terugkeer na Namibië in kwarantyn en is intussen na isolasiegeriewe oorgeplaas.

Shangula het intussen gerugte ontken dat ‘n vrou wat Saterdag met ernstige asemhalingsprobleme by die kliniek op Groot Aub om hulp aangeklop het, aan Covid-19 dood is. Volgens Shangula het toetse getoon die 20-jarige vrou wat per ambulans vanaf die kliniek onderweg na ‘n hospitaal in Windhoek gesterf het, nie Covid-19 gehad het nie.

Shangula sê tot op hede is 3 680 weefselmonsters vir die virussiekte getoets, 378 kontakte word gemonitor en 686 mense is tans in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

WETSTOEPASSING OP WALVISBAAI

Ná president Hage Geingob se aankondiging Donderdag het wetstoepassers onmiddellik begin om inperkingsregulasies in die kusdorp af te dwing.

Teen Donderdagaand is langafstand-busbestuurders by die Walvisbaaise brug gekeer, terwyl mense sonder die nodige reispermitte gevra is om om te draai. Teen Vrydagoggend was daar reeds ‘n padblokkade by die Swakopmund-brug.

Die hoof van gemeenskapspolisiëring in die Erongostreek, ao. Illeni Shapumba, het gesê die wet sal sonder uitsondering afgedwing word.

“Geen reise word uit Walvisbaai sonder ‘n permit toegelaat nie. Ons behoort aan ander te dink en na te dink oor die rede waarom die dorp onder inperking geplaas is. Mense moet asseblief tuisbly,” het sy gesê.

Daar is ook met patrollies in Narraville, Kuisebmond en in Walvisbaai se dorpsgebied begin.

Komm. Andreas Nelumbu, polisiebevelvoerder in die Erongostreek, het verduidelik dat mense slegs hul huise mag verlaat om noodsaaklikhede te koop of hospitale of apteke te besoek.

Hy het gesê die regulasies is in slegs twee gevalle die afgelope naweek oortree – een ‘n taxibestuurder wat sy voertuig oorlaai het en iemand wat valse inligting verskaf het.

“Mense gedra hulle oor die algemeen, maar ons het 'n paar voorvalle gehad waar mense nie hul sosiale afstand in rye voor winkelsentrums gehandhaaf het nie,” het Nelumbu gesê.

NOG FASILITEITE

Intussen het die goewerneur van die Erongostreek, mnr. Neville Andre, aangekondig dat meer persele in Walvisbaai as kwarantyn- en isolasiefasiliteite geïdentifiseer is.

“Walvisbaai se Esplanade Park en Dolphin Park is gereed om as kwarantynfasiliteite te dien. Die Esplanade Park sal 17 kamers beskikbaar stel, terwyl Dolphin Park 21 kamers het, waarvan een geskik is vir dokters of ander gesondheidswerkers.”

“Toetse is aangevra en sal vir gemeenskappe beskikbaar gestel word – veral aan dié wat in direkte kontak met die positiewe Covid-19-gevalle was.”

Hy het gesê 21 mediese graduandi sal na die Erongostreek ontplooi word – ses na Walvisbaai en die res na Usakos en Omaruru. Tans is daar ook twee huise beskikbaar vir mediese personeel om in te woon.

“Rakende die TB-vleuel agter die Walvisbaai-staatshospitaal; die tekeninge is voltooi en ‘n dekbrief ter ondersteuning hiervan is deur Erongo se streekraad uitgereik. Dit is aan die private sektor gestuur, wat nou sal begin met die bou van die tydelike kwarantyn- en isolasiefasiliteit.”

Tans word 132 kontakte nagespoor en 52 is in kwarantyn (27 op Swakopmund en 26 op Walvisbaai), terwyl 242 vragmotorbestuurders ook tans in kwarantyn is.

Intussen het Namport se kommersiële hoof, mnr. Tino !Hanabeb, die versekering gegee ‘geen infeksies’ sal voortspruit uit die operasie waar die Amerikaanse passasierskip Carnival Fascination toegelaat is om Vrydagoggend by die Walvisbaaise hawe vas te meer nie.

Dit het 182 Zimbabwiërs en sewe Namibiese bemanningslede aanboord gehad. Die Zimbabwiërs is onder die strengste maatreëls en polisiebegeleiding in twee groepe na die lughawe vir repatriasie-vlugte op dieselfde dag geneem.

!Hanabeb het beklemtoon alle nodige voorsorgmaatreëls is geneem om Walvisbaaiers, asook die groter Namibië, te beskerm. - [email protected], [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.2 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.95/OZ DOWN -0.0032 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.80% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 88.00/BBP DOWN -0.0038 | Platinum US$ 901.53/OZ DOWN -0.0092 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.2 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.95/OZ DOWN -0.0032 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.80% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 88.00/BBP DOWN -0.0038 | Platinum US$ 901.53/OZ DOWN -0.0092