Twee begrafnisgangers sterf in ongeluk in Kunene
Twee mense is dood en nege ander beseer toe die bakkie waarin hulle Saterdagmiddag vanaf die begrafnis van die Kunene-goewerneur, me. Angelika Muharukua, op pad terug was na Opuwo, omgeslaan het.
Volgens Nampa is het die ongeluk waarin die 40-jarige mnr. Ndjetee Bensen Ngahorekue Kakuva op slag dood is, sowat 10 km buite Opuwo plaasgevind. Die erg beseerde me. Uarotua Tjiposa (ouderdom onbekend) het ná haar aankoms by die Opuwo staatshospitaal gesterf.
Nege ander mense is beseer, van wie drie so ernstig dat hulle na die staatshospitaal op Oshakati oorgeplaas moes word. Een van hulle is die bestuurder, mnr. Katimuene Tjiurua (37).
Muharukua is by die Ovinjange-nedersetting sowat 23 km vanaf Opuwo begrawe.
Foto: Namibian Sun

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie