Twee Angolese glo vas met 6 olifanttande
Twee Angolese burgers, mnre. Daniel en Jobe Kambinda, is verlede Donderdag glo met ses olifanttande, 'n koedoevel en 112 ystervarkpenne by Rundu in hegtenis geneem.
Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag van 4 tot 10 Mei is twee nuwe sake aanhangig gemaak en drie verdagtes in hegtenis geneem.
Die derde verdagte, mnr. Mutoiwa Mangimba, wat verlede Vrydag by Katima Mulilo in hegtenis geneem is, se nasionaliteit is onbekend. 'n Haelgeweer en vier patrone is glo in sy besit gekonfiskeer.
ALMAL KRY BORG
Alle beskuldigdes wat verlede week in howe vir wildmisdaadsake verskyn het, het borgtog gekry.
Vier vermeende renosterstropers het borgtog van N$5 000 elk gekry. Mnre. Aldrian Musisanyani, Mishake Muhinda, Liebelo Manja en Dominic Shando het verlede Woensdag in die landdroshof op Outjo verskyn. Hul saak is tot 18 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel.
Op Grootfontein het mnre. Erastus Dinyando, Nyambe Ndumba, Jose Mutunda, Henriquez Nzenza, Josef Nghiyolwa, Tjipepa Kahengere, Mukoya Matheus en Lamek Shigwedha verlede Woensdag borgtog van N$8 000 elk gekry. Mutunda en Nzenza is albei Angolese burgers.
Hul saak is tot 8 Junie vir die vasstel van 'n verhoordatum uitgestel.
Mnre. Matias Aroab, Roland Sitemba en Nsinano Olavi het verlede Donderdag ook in die landdroshof op Grootfontein verskyn.
Hulle is op borgtog van N$10 000 elk vrygelaat.
Hulle word daarvan beskuldig dat hulle twee ietermagôvelle in hul besit gehad het. Hul saak is tot 11 Junie uitgestel om ander beskuldigdes op te spoor.
Op Oshakati is mnr. Wilhelm Iipumbu verlede Donderdag op borgtog van N$10 000 vrygelaat nadat hy in Januarie glo met 'n luiperdvel, pistool en ammunisie in sy besit in hegtenis geneem is.
Sy saak is tot 3 Junie vir verdere ondersoek uitgestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie