Twee Amerikaners wen Nobelprys vir ekonomie

10 October 2018 | Ekonomie
Petrus Malherbe – William Nordhaus, ekonoom van Yale-universiteit, het saam met Paul Romer die Nobelprys vir ekonomie vir 2018 ontvang.

Romer is ’n voorstander van die teorie dat ekonomiese groei hoofsaaklik endogeen plaasvind, in plaas van bepaal word deur eksterne faktore. Hy word bekroon vir sy werk aan ’n volhoubare langtermynoplossing waardeur die wêreldekonomie sal aanhou groei wat tot die welvaart van die mensdom sal lei.

Nordhaus ontvang die prys vir sy navorsing oor die ekonomiese skade wat klimaatsveranderinge aanrig.

Luidens die Sweedse Akademie van Wetenskap wat die Nobelprys toeken, maak Nordhaus en Romer se navorsing dit moontlik om ’n verskeidenheid hedendaagse uitdagings oor langtermynvolhoubaarheid van die wêreldekonomie die hoof te bied.

Albei is van Amerika afkomstig. Romer was ’n dosent aan die Universiteit van Kalifornië en die Universiteit van Chicago.

Die Nobelprys vir ekonomie word sedert 1968 toegeken. Die prysgeld daarvoor beloop $1 miljoen wat deur die wenners gedeel word. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Man sterf op Walvisbaai-Swakopmund-pad

2 ure gelede | Ongelukke

Die 27-jarige Franico Esly Huseb is vandag omstreeks 07:30 dood, nadat die bakkie waarin hy op reis was op die pad tussen Swakopmund en Walvisbaai...

Eksamenuitslae dán bekend

2 ure gelede | Onderwys

Die voorlopige uitslae vir graad 10 (JSC) en graad 12 (NSSC) hoë vlak vir voltydse en deeltydse kandidate word aanstaande Donderdag (20 Desember) amptelik bekendgemaak....

Drie meisies verdrink in sandputte

3 ure gelede | Ongelukke

Die Namibiese polisie in die Ohangwenastreek het ‘n beroep op kontrakteurs gedoen om sandputte toe te stoot wat geskep is met die uitgrawe van sand...

1,6 miljoen toeriste besoek Namibië in 2017

4 ure gelede | Toerisme

Altesaam 2,2% meer toeriste het Namibië in 2017 as in die vorige jaar besoek met meer as 1,6 miljoen buitelandse toeriste wat die land ingestroom...

Studente betaal meer by Unam

5 ure gelede | Onderwys

Die finansiële verknorsing waarin die Universiteit van Namibië (Unam) verkeer, tesame met die algemene ekonomiese vooruitsig vir die land, het die universiteitsraad genoop om klasgelde...

Plunderwoude: Ministerie ontken ongerymdhede

15 ure gelede | Plaaslik

Elvira Hattingh - Die ministerie van landbou, water en bosbou sê die meerderheid permitte wat vir die oes en vervoer van hout uitgereik is, is...

Polisie op sy knieë

15 ure gelede | Polisie

Denver Kisting – Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, sê die land se finansiële verknorsing het die mag op sy knieë.Ndeitunga het...

Avihe-moordenaar het dalk landuit gevlug

15 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – As Avihe Cheryl Ujaha (9) nie deur iemand in haar binnekring vermoor is nie, is haar moordenaar(s) waarskynlik al landuit.Só sê die...

Weer vir 13 Desember 2018

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met geïsoleerde buie plek-plek in die noordelike en sentrale dele. Elders sal dit sonnig en baie tot...