Tutu-fliek eindelik hier

Lloyd Zandberg
Byna twee dekades nadat die Waarheids- en Versoeningskommissie dit reggekry het om ’n einde te bring aan ’n louterende tydperk van rekenskap in Suid-Afrika se gewelddadige geskiedenis van rassediskriminasie neem regisseur Roland Joffé se nuwe fliek jou terug in tyd om jou met die verskriklike waarhede van apartheid en die nalatenskap daarvan te konfronteer.

THE FORGIVEN is gebaseer op Michael Ashton se verhoogstuk, The Archbishop and the Antichrist.

Ashton het Joffé ook bygestaan met die skep van die draaiboek.

Die fliek is ’n fiktiewe vertelling van aartsbiskop Desmond Tutu se pogings, as die hoof van die Waarheids- en Versoeningskommissie, om die gruweldade van apartheid te konfronteer in ’n poging om Suid-Afrika te genees en te verenig.

Oor die rede agter die film, sê Joffé: “Hierdie is ’n onderwerp wat sosiaal en polities van aard is, maar ook baie persoonlik. As ons eerlik is, het ons almal al dinge gedoen waarvoor ons vergifnis soek en nog nie verwerk het nie. Ons is almal gevangenes van ons geskiedenis, of dit nou sosiaal-, kultureel- of familieverwant is.”

Die Oscar-benoemde Joffé is bekend vir sy opspraakwekkende politieke stories en THE FORGIVEN is, net soos sy 1984-treffer, The Killing Fields, ’n intelligente en gewelddadige weergawe van Suid-Afrika se politieke geskiedenis.

Die drama volg aartsbiskop Desmond Tutu, wat uitstekend vertolk word deur Forest Whitaker, in sy morele en intellektuele stryd met die wrede moordenaar en lid van ’n voormalige apartheidseragroep, Piet Blomfeld (Eric Bana), oor verlossing en vergifnis.

Wanneer Tutu ’n omvattende brief van die veroordeelde moordenaar ontvang waarin hy om genade pleit, besluit hy om hom in sy tronksel te gaan besoek. Hier voer die twee mans ’n reeks intense gesprekke oor skuldgevoelens en vergifnis.

Oscar-bekroonde Whitaker lewer puik toneelspel, wat Tutu se formidabele innerlike krag, waardigheid en deernis perfek weergee. Omdat hy reeds in die fliek Zulu (2013) die rol van ’n Suid-Afrikaner gespeel het, het hy agtergrond van Suid-Afrikaanse geskiedenis en kon hy dit gebruik vir sy rol as die aartsbiskop.

Hoewel hy een van Hollywood se mees gerespekteerde akteurs is, erken Whitaker dat die rol van Tutu een van die grootste uitdagings van sy loopbaan tot dusver was.

“Ek het presies geweet hoe hy lag, hoe sy sin vir humor is, hoe hy gevoel het en wat sy passie en geloof is, maar hy het hierdie grasieuse manier waarop hy na die lewe kyk. Dit was ’n groot uitdaging om al daardie dinge saam te voeg en die gees van hierdie man vas te vang.”

Bana is ook briljant in die rol van Piet Blomfeld en gebruik sy fisiese eienskappe en charisma om die gehate karakter as gevaarlik, maar ook baie menslik, uit te beeld.

“Hierdie is een van die mees intimiderende karakters wat ek al ooit moes speel,” erken die Australiese akteur.

“Vir my was die sleutel tot hierdie karakter om in die Suid-Afrikaanse geskiedenis rond te delf. Daar was so baie wat ek moes weet, om te verstaan waar Blomfeld se verwronge sin van geregtigheid vandaan kom. Dit was een van daardie rolle waar jy aan die diep kant moet inspring, en om dít te kon doen, moes ek eers die geskiedenis verstaan.”

Die fliek, wat deur Craig Baumgarten en Suid-Afrikaanse produksievennoot, Zaheer Goodman-Bhyat van Light and Dark Films, vervaardig is, is in en rondom Kaapstad verfilm met tonele by een van die wêreld se gevaarlikste tronke, die Pollsmoor-maksimumsekuriteitsgevangenis. Jeff Gum, Morné Visser en Thandi Makhubele is ook in die fliek te sien.

Volgens die vervaardigers is die storie aangrypend en relevant. “Dit herinner ons aan aartsbiskop Tutu se geskenk van vergifnis en die genesing wat dit bring. Dis vir ons ’n eer om sy storie te vertel.”

Die aartsbiskop het ook sy toestemming vir die fliek gegee en sê: “Hierdie intelligente, aangrypende, hartroerende en menslike fliek vang vas hoe dit gevoel het om saam met die onbaatsugtige lede van die Waarheids- en Versoeningskommissie te werk, wat daarna gestreef het om, ten spyte van omstandighede, die mense van Suid-Afrika te verenig. Dit is ’n huldeblyk aan die merkwaardige en genesende krag van vergifnis en die onfelooflike deernis en dapperheid van diegene wat liefde en vergifnis gebied het as die teenmiddel vir haat en onmenslikheid. Dit is nie net ’n fliek oor ’n sekere tyd en plek nie, maar ook ’n baken van hoop vir die mensdom in die algemeen.”

Aangrypende toneelspel, relevante sosiale kommentaar en uitstaande skryfwerk en regie maak van THE FORGIVEN ’n treffende fliek en ware getuigskrif van die krag van vergifnis en hoe moontlik dit is vir die mensdom om ’n gemeenskaplike platform te vind.

THE FORGIVEN is vervaardig deur die internasionaal-bekroonde rolprent- en televisieproduksiemaatskappy, Light and Dark Films.

Dit sal in Oktober by plaaslike bioskope oraloor die land begin draai en word deur Filmfinity (Edms) Bpk. versprei.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.06 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.19/OZ UP +0.73% | Copper US$ 4.53/lb UP +2.10% | Zinc US$ 2 891.10/T UP 3.01% | Brent Crude Oil US$ 87.87/BBP DOWN -0.0014 | Platinum US$ 902.40/OZ UP +0.03% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.06 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.19/OZ UP +0.73% | Copper US$ 4.53/lb UP +2.10% | Zinc US$ 2 891.10/T UP 3.01% | Brent Crude Oil US$ 87.87/BBP DOWN -0.0014 | Platinum US$ 902.40/OZ UP +0.03%