Turkse joernalis jaag Afrika-drome op fiets
Turkse joernalis jaag Afrika-drome op fiets

Turkse joernalis jaag Afrika-drome op fiets

Francoise Steynberg
'n Turkse joernalis het in Januarie 'n uitdagende reis deur Afrika begin - en dit op sy fiets.

Hy noem sy avontuur “Reis na jou Drome”.

Hasan Söylemez het vir agt maande lank 10 000 km ver deur Turkye gery - sonder enige geld.

Hy het TV-programme gemaak, boeke geskryf, mense­lewens aangeraak en duisende mense met sy maatskaplike verantwoordelikheidsprojekte geïnspireer. En nou gaan hy deur Afrika ry.

Söylemez sal 60 000 km op sy fiets aflê en in die proses deur al 54 Afrika-lande ry ­- ses ­eilandstate ingesluit.

Hy beplan om dokumentêre programme van sy avontuur te maak. Sy reis het in Marokko begin en sal drie jaar duur.

Söylemez beoog om 'n “droom-argief” van Afrika te skep om dit vir die wêreld se politici, kunstenaars, die burgerlike samelewing en akademici moont­lik te maak om Afrika vanuit die gewone Afrikaan se perspektief te sien.

Vir sy programme gaan hy Afrika-inwoners vra wat hulle grootste drome is. Die drome sal deur foto's, video's en teks gedokumenteer word en met die wêreld in Turks en Engels op TV en sosiale media gedeel word. “Reis na jou Drome” word deur Delta Bikes geborg, en ondersteun deur die president van Turkye, die Turkse ministerie van buitelandse sake en die Turkse Koördinasie en Samewerkingsagent­skap (Tika).

Dit is nog nie bekend wanneer Söylemez in Namibië sal wees nie, maar die Turkse ambassade in Namibië sal die publiek op hoogte van sy reis hou.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!