Turke vier demokrasie, nasionale eenheid
Turke vier demokrasie, nasionale eenheid

Turke vier demokrasie, nasionale eenheid

Die mislukte aanslag op die Turkse regering twee jaar gelede word nou as ’n nasionale dag gevier.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Personeel van die Turkse ambassade in Windhoek het Donderdag die bloedige nag van 15 Julie 2016 herdenk toe ’n splintergroep in die Turkse weermag met vegvliegtuie en pantsertuie probeer het om dié land se regering omver te werp.

Me. Berin Tulun, die ambassadeur, het tydens dié geleentheid gesê daar is soms belangrike keerpunte in die geskiedenis van lande en nasies en dié dag was so ’n keerpunt vir Turkye.

’n Emosionele Tulun, wat in daardie stadium in Ankara was en dit beleef het, sê die Turkse nasie het hulle teen die aanslag verset en die land se demokrasie dapper verdedig.

Sowat 240 mense is dié nag in skermutselings in Ankara en Istanboel dood, terwyl meer as 1 500 mense beseer is. Dosyne rebelle het in die vroeë oggendure van 16 Julie hul tenks in die strate van Istanboel gelos en op die vlug geslaan.

Pres. Recep Tayyip Erdogan het die Turke destyds geloof dat hulle “aan die kant van die demokrasie geveg” en gekeer het dat die militêre staatsgreep slaag.

Dit word sedertdien as die dag van demokrasie en nasionale eenheid gevier.

Tulun het Donderdag gesê die “terroriste” was “die dissipels van Fetullah Gülen, die man wat homself die imam van die heelal noem”. Sy organisasie, Fetö, is “’n nuwe generasie- terroristeorganisasie gegrond op skynheiligheid, verdoeseling en geheimhouding”, het sy gesê.

Volgens Tulun het hulle hul posisies en magte in die regering en staatsdiens gebruik om die aanslag van binne die regering uit te voer.

Sy sê verder Gülen se ondersteuners het hul werksaamhede begin onder die dekmantel van welsynsonderwys en kinders deur middel van akademiese en finansiële bystand geïndoktrineer. Volgens haar is die antwoorde van toelatingseksamens vir poste in die staatsdiens vooraf aan hulle verskaf en dit is hoe hulle toegang verkry het.

Dit het ook oorgespoel na beïnvloeding in die sakegemeenskap in Turkye.

Tulun sê Fetö is reeds in 160 lande in die wêreld werksaam deur middel van skole en sakeondernemings en voer aan dit hou ook vir ander lande ’n bedreiging in.

Gülen, ’n voormalige politieke bondgenoot van Erdogan wat in die VSA woon, is een van die wêreld se invloedrykste Moslems en bepleit dialoog en verdraagsaamheid tussen gelowe.

Hy benadruk ook die belangrikheid van onderwys en opleiding, asook die aanvaarding van wetenskap.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!