Tuiskwarantyn aan kus ’n opsie

08 July 2020 | Gesondheid
Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) gaan meer buigsaam wees in die kwarantyn van kontakte van bevestigde Covid-19-gevalle in die Erongostreek. Dit sluit tuisgebaseerde kwarantyn in veilige toestande in private geriewe in.

Volgens die minister, dr. Kalumbi Shangula, is die buigsaamheid beperk tot Swakopmund, Arandis en Walvisbaai.

Die isolasie van positiewe Covid-19-gevalle vir die Erongostreek moet in terme van ligging op so ’n manier gedoen word dat dit nie enige skade aan die betrokke gemeenskap berokken of daarheen bring nie.

Volgens Shangula kan dit alternatiewe en private geriewe insluit.

Met verwysing na kwarantyn sal die ministerie ook in die kwarantyn van kontakte meer buigsaam wees. Ook in dié geval mag die geriewe nie enige skade aan die betrokke gemeenskap bring of dit berokken nie.

Dié buigsame geriewe mag volgens die noodtoestandregulasies tuisgebaseerde kwarantyn insluit, sou veilige toestande hiervoor vasgestel en teen ’n standaard kontrolelys geverifieer kan word.

Met verwysing na ouetehuise in die Erongostreek word van versorgers wat hier in diens is, vereis om te selfkwarantyn by alternatiewe liggings en om kontak met die algemene gemeenskap te vermy.

Walvisbaai het teen gisteroggend 54 nuwe gevalle van Covid-19 aangemeld. Dit bring die totaal vir die land teen gisteroggend op 539 te staan. Uit die 54 nuwe gevalle is 35 vroue en 19 mans. Die jongste is vyf jaar oud en die oudste 60.

Intussen is ’n Namibiese vragmotorbestuurder wat in Botswana positief getoets het, in isolasiegeriewe op Gobabis opgeneem. Hy is in Botswana onderweg van Suid-Afrika getoets en word daarom onder die buurland se aantal gevalle getel. – [email protected]

Soortgelyk

 

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

1 uur gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

5 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

16 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

16 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

16 ure gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

16 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

16 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

16 ure gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...

Japanese embassy lends helping hand

16 ure gelede | Onderwys

AI Steenkamp Primary School in Windhoek inaugurated five new classrooms as well as a storeroom on 6 August with aid from the Japanese embassy through...