Tuisgemaakte trooskos

Die restaurant is in een van die oudste geboue op Walvisbaai en kweek sy eie groente op die perseel.
Tanja Bause
Tanja Bause - Op Walvisbaai is ’n nuwe restaurant wat op almal se lippe is.

Godenfang is nie net uniek omdat dit in een van die oudste geboue op Walvisbaai geleë is nie, maar ook weens sy groot groentetuin.

Groente uit dié tuin word soveel moontlik in die restaurant se disse gebruik.

Godenfang behoort aan Lindi Dreyer en Martine Behr.

Beide vroue is in die restaurantwêreld reeds bekend as die eienaars van Anchors, wat ook op Walvisbaai geleë is.

“Ons het beide in 2010 as werknemers by Anchors begin werk toe dit nog aan Lindi se pa, Neels Dreyer, behoort het. Twee jaar later het ons besluit om Neels uit te koop en het ons as gelyke vennote eienaarskap oorgeneem,” het Lindi gesê.

Die twee het met 60 sitplekke en 15 werknemers begin en vandag het Anchors 140 sitplekke en 32 personeellede.

Geskiedenis

Vier jaar gelede het Neels ’n ou, effe verwaarloosde huis langs syne gekoop om sy eiendom uit te brei.

“Neels het die huiseienaars geken en het hul versoek gerespekteer om die huis se geskiedenis te bewaar. Dit is ook iets wat ons heeltyd tydens die herstelwerk in gedagte gehou het.”

Lindi en Martine het na die huis gaan kyk omdat hulle op soek was na ’n huis vir hulself of ’n moontlike gastehuis, en omdat die eiendom so groot was, was daar heelwat ruimte vir uitbreiding.

Die huis is in 1930 deur Auguste Ritzau en Heinrich Cruys gebou. Dit het in dié familie se besit gebly tot Neels die huis gekoop het.

“Hulle het die huis Goden Fang genoem, omdat dit by ’n goeie visvangplek was. Godenfang beteken ‘goeie vangs’ in ‘n ou Noord-Duitse dialek. Die grond voor die huis het intussen deel van die hawe geword. Ons het besluit om die naam na Godenfang (een woord) te verander sodat die mense sou ophou om die restaurant ‘Golden Fang’ te noem. Ons gebruik die naam vandag en dit verwys na wat vars uit die tuin kom, wat in seisoen is en dit wat van die beste gehalte is.

“Die oomblik toe ons by dié huis ingestap het, het ons ’n restaurant gesien. Ons het geen idee gehad waarmee ons gaan opeindig nie, maar dit is die oomblik toe Godenfang begin het. Al wat ons geweet het, was dat die ou houtvloere en die hoë plafonne ‘huis-restaurant’ geskreeu het, en die idees het van daar af begin vloei. In 2018 het ons die eiendom weer as gelyke vennote by Neels oorgeknoop en met herstelwerk en die aanlê van die tuin begin,” sê Lindi.

Godenfang

Die restaurant het in Februarie vanjaar sy eerste maaltyd verkoop.

“Ons het met ’n sagte opening begin, met baie min personeel, en ons het organies ontwikkel om teen die middel van Maart voltyds oop te maak. Ons bedien nou middagete en aandete, Dinsdae tot Saterdae tussen 11:30 en 22:00, en middagete op Sondae van 11:30 tot 15:00. Ons is op Maandae gesluit.”

Lindi en Martine se filosofie vir hul kos is eenvoudig: Hulle bedien die beste moontlike maaltyd met die varsste moontlike bestanddele beskikbaar. Hul spyskaart word voortdurend aangepas. As ons nie met die gehalte van die disse gelukkig is nie, verbeter ons die spyskaart,” sê Lindi.

Hoewel beide tot die spyskaart bydra, is Lindi meestal in die kombuis doenig en werk sy nou saam met die sjefs.

Sy lei hulle op om nuwe disse en idees te probeer en in klein meesterstukke te omskep.

Lindi self het geen formele opleiding in die kombuis nie.

“Ek kan nie een dis kies wat vir my uitstaan nie. Ek is baie trots op die hele spyskaart. Ek het geen opleiding nie en moes ’n spyskaart opstel. Dit was ’n groot uitdaging en daar is baie foute aan die begin gemaak, maar saam met my ongelooflik vaardige span kan ek met sekerheid sê ons is almal baie trots op elke enkele dis wat ons kombuis verlaat,” sê Lindi.

“Ons het ’n groot houtgestookte oond wat ons vir pizzas gebruik. Maar ons gebruik die oond ook vir baie van ons ander disse, soos dié wat stadig oornag gaargemaak moet word. Ons probeer voortdurend om met disse vorendag te kom wat nie op die meeste van Namibië se spyskaarte beskikbaar is nie. Ons eksperimenteer baie in die kombuis met nuwe idees en nuwe kookmetodes.”

Volgens Lindi is die aanbieding van die disse ook baie belangrik omdat niemand gaan verwag iets wat nie goed en lekker lyk nie, goed en lekker gaan proe nie.

Tuin

Die organiese groentetuin van 250 m2 is Martine se baba. Sy word hier deur Junias Andy Nghishulilwa ondersteun.

Martine het ’n paar jaar gelede haar groen vingers ontdek toe sy ’n klein groentetuin by die huis begin het.

Toe sy en Lindi met die ontwikkeling van Godenfang begin het, was die groentetuin van die begin af deel van die plan.

“Martine gebruik net organiese materiaal – dit wil sê sy gebruik geen plaagdoders nie. Sy gebruik ook alle organiese afval van beide restaurante as kompos. Dit beteken ons verminder ons afval deur dit terug in die tuin en sodoende in die nuwe oeste te ploeg.”

Groente wat in seisoen is, word in die tuin aangeplant, maar ook allerhande kruie en groen blaargroentes soos slaai, kool en spinasie. Martine het ook al olyf-, piesang- en avokadobome aangeplant.

“Ek dink die tuin is ook iets wat Godenfang anders as ander restaurante maak – jy kan sien waar jou kos vandaan kom.”

Godenfang het 50 sitplekke in die restaurant en 30 buite op die stoep. Hulle kan vir enige geleentheid voorsiening maak. Die restaurant het tans 17 personeellede.

Sous-sjef Gertrude

Gertrude Immanuel het in 2012 as ’n skoonmaker by Anchors begin werk. Sy het haarself vinnig opgewerk en leiding in die Anchors-kombuis begin neem.

“Sy het die potensiaal vir verdere groei gesien en na die Godenfang-kombuis oorbeweeg. Sy is tans ’n skofleier in die kombuis en besig om ongelooflike dinge te doen.

“Ek is ongelooflik trots op Gertrude en geniet dit om met haar te werk. Sy het geen formele opleiding nie, maar ’n natuurlike talent vir kook en om haar span te lei. Sy raak net so opgewonde oor nuwe idees en resepte soos wat ek doen. Geen uitdaging is te groot vir haar nie en sy is gewillig om alles te probeer,” sê Lindi.

Volgens Gertrude is sy vandag waar sy is danksy harde werk en spanwerk.

“Ek is baie bly oor die geleentheid wat my base my gegun het om myself van skoonmaker tot hoofsjef op te werk. Ek weet nie hoe om my dankbaarheid uit te spreek nie. Al wat ek kan sê, is begin klein en onder, en werk jouself op,” sê Gertrude.

Lindi en Martine

Lindi is in Khorixas gebore en het byna haar hele lewe op Walvisbaai gelewe. Sy het filmproduksie in Kaapstad gestudeer. Sy het later in die toerismebedryf beland, waar sy vir Martine leer ken het.

Martine is in Kaapstad gebore en het daar grootgeword. Sy het uitgebreide kennis en ervaring van die toerismebedryf in Kaapstad.

Toe hulle die geleentheid gekry het om Anchors op Walvisbaai te kan oorneem, het hulle as ’n span die uitdaging aanvaar en Namibië toe getrek.

Lindi se gunstelingdis is spaghetti bolognese, en Martine geniet enige pastadis.

“Ons hou van goeie, tuisgemaakte kos en dit is wat ons vir ons kliënte probeer voorsit.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.18 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.64/OZ DOWN -0.0033 | Copper US$ 4.45/lb UP +1.01% | Zinc US$ 2 826.60/T UP 0.88% | Brent Crude Oil US$ 88.03/BBP DOWN -0.0035 | Platinum US$ 909.94/OZ UP +0.01% Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.18 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.64/OZ DOWN -0.0033 | Copper US$ 4.45/lb UP +1.01% | Zinc US$ 2 826.60/T UP 0.88% | Brent Crude Oil US$ 88.03/BBP DOWN -0.0035 | Platinum US$ 909.94/OZ UP +0.01%