Tuisgemaak
'n Inwoner van Omgulu-gwoombashe, mnr. Petrus Ndalimbililwa (links), was een van die kunstenaars wat genooi is om Dinsdag by die openingseremonie van die Olufuku-fees op Outapi op te tree. Hy het die skare met 'n tuisgemaakte kitaar vermaak. Die eienaar van Chrisma Trading, mnr. Tito Mathias, het opgestaan en belowe om vir Ndalimbililwa 'n nuwe kitaar te koop. Die burgemeester van Windhoek, me. Agnes Kafula, en die spesiale raadgewer van die goewerneur van Erongo, mnr. Boby Kandjala, het onderskeidelik N$500 en N$200 belowe. Foto PLACIDO HILUKILWA
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie