Tuis op Stampriet

13 March 2018 | Toerisme
Tanja Bause



Op 'n heuwel in Stampriet staan die Historical Guesthouse en kyk oor die klein dorpie uit. Op sy dag, in 1972, was dit 'n gewone woonhuis. Mnr. Ponk O'Kennedy het die huis 17 jaar gelede gekoop en in 'n gastehuis omskep.

“Hy het al die boere in die omgewing gevra of hulle nie iets antiek in hul huise het wat hulle dalk aan die gastehuis wil skenk nie. Die reaksie was oorweldigend en baie mense het goed geskenk. Dit is wat ons nou hier uitstal en dit is wat daarvan 'n historiese gastehuis maak,” het me. Irene Zondagh, die huidige eienaar van die gastehuis, gesê.

Zondagh besit die gastehuis al die afgelope sewe jaar.

Volgens haar is daar iets antiek vir almal by die gastehuis te sien.

“Ons gebruik die artikels in die gaste­huis. Dit is nie 'n museum nie. Die goed is nie agter glas of weg­gesluit in kaste nie. Ons gebruik byvoorbeeld die teekoppies vir die gaste om uit te drink. Ons gebruik baie van die ­artikels in ons daaglikse dekor wat ek gereeld verander,” het sy gesê.

In die ingangsportaal staan 'n groot mahoniebuffet, wat ook Zondagh se gunstelingstuk is.

“Die kas is deur my skoonpa, Connie Zondagh, in Somerset-Wes in die Kaap gekoop. Hy het die huis met die kas in gekoop en dit met sy terug­koms Namibië toe saamgebring en aan my geskenk.”

Wat die mahoniebuffet, wat oorspronklik in Italië gemaak is, so besonders maak, is dat hy al oor die 180 jaar oud is. Die kas het aan die bekende operasangeres Cecilia Wessels behoort. In die vroeë negen­tigs het sy in verskillende operas oorsee opgetree en selfs die medalje van eer van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in 1959 ontvang.

Die Historical Guesthouse spog nie net met 'n skatkis van oudhede nie, dit bied gaste ook die beste vars­gebakte wortelkoek. Mense kan selfs 'n koek bestel vir hul kind, wat 'n verjaardag alleen, weg van ma en pa, in die koshuis moet vier.

Die tuin is nog iets waarop Zondagh baie trots is. Dit is 'n lafenis en gaste kan onder die druiweprieel sit en hul koffie geniet.

Daar is ook 'n klein geskenkwinkel wat handgemaakte artikels van die mense van die omgewing verkoop. Ook word handgemaakte ­kleiprodukte van me. Petro Hayman, Zondagh se dogter, hier verkoop.

Hayman het al van haar stukke in die Kaap uitgestal en daar verkoop.

“Ons probeer om 'n huislike gevoel hier by die gastehuis te skep. Ons woon self ook hier in die gastehuis. Dit maak nie saak waar in die wêreld jy vandaan kom nie - hier by ons is jy tuis.”

Soortgelyk

 

Elfjarige byna ontvoer

1 dag gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – ‘n Elfjarige laerskoolmeisie is Woensdag helder oordag voor haar huis byna deur ‘n groep mense in ‘n motor gedwing en ontvoer. ‘n...

Tendertafel net vir buitelanders gedek

1 dag gelede | Infrastruktuur

Ronelle Rademeyer - Die voorwaardes waaraan kontrakteurs moet voldoen om in aanmerking te kom vir twee reuse-konstruksietenders van byna N$4 miljard, is van só ’n...

Storm los by Unam-eksamen

1 dag gelede | Onderwys

Denver Kisting - Die Universiteit van Namibië (Unam) het teen gistermiddag steeds skouers opgetrek oor ’n eksamen wat eergisteraand skeefgeloop het.Nagraadse regstudente verbonde aan die...

Kalender 21 September

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Erfenisweek 2018 is goed op dreef by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) . Namibië se belangrikste erfenisinstellings het saamgespan om dié...

’n Mannekoor en wyn vir die pyn

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Die Windhoeker Männerchor (WMC) en ‘n uitgesoekte groep musikante nooi die publiek na die Wynfees/Winzerfest uit. Dít vind op 6 Oktober by die SKW...

Vanjaar reeds 29 renosters in Namibië gestroop

1 dag gelede | Omgewing

Francoise SteynbergAltesaam 21 swart- en agt witrenosters is al vanjaar in Namibië vir hul horings afgemaai.Uit dié 21 swartrenosters is 13 in die Etosha Nasionale...

Gif in waterkrip dalk stropers se werk

1 dag gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht Watermonsters van 'n krip in 'n munisipale kamp wes van Omaruru is vir ontleding na 'n private laboratorium gestuur om te bepaal...

Breek die mure af

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Yolanda Nel – Indien die klank van kabaret, Evita of die Rocky Horror Picture Show jou aandag trek, moet jy môre geen planne maak nie.Shades...

Die Kontrak is hier!

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Die groot oomblik is uiteindelik hier: VIA (DStv, kanaal 147) en Coleske Artists se splinternuwe TV-reeks, Die Kontrak, waarin die volgende groot Afrikaanse kunstenaar gekroon...