Tsumeb-vroue ploeg terug

21 December 2018 | Plaaslik
Die SPA Woman Who Cares-stigting op Tsumeb het die afgelope Saterdag 'n uitreikaksie by dié Noordedorp se asgate gehou.

Die stigting bestaan uit ses vroue uit verskillende agtergronde wat die gemeenskap wil dien.

"As 'n niewinsgewende organisasie doen ons dit om terug in die gemeenskap te ploeg," lui 'n nuusverklaring van die stigting.

Die vroue het 'n geskenkpak met kruideniersware vir 'n week aan 120 gesinne geskenk, asook 'n gekookte maaltyd en geskenkpakkie vir kinders.

"Met ons besoek aan die asgate het ons gesien hoe mense met niks oorleef. Ons het gesprekke met van die inwoners gehad en hulle gevra hoe hulle in die reënseisoen oorleef. Van hulle vind onder plastieksakke of karton skuiling," sê me. Carlita Albertse, lid van die stigting.

“Van die vroue is net vel en been, maar borsvoed hul babas. Van die kinders kan nie onthou wanneer laas hulle 'n behoorlike maaltyd gehad het nie.”

Albertse sê die asgate is nie geskik vir menslike huisvesting nie, maar die bewoners daarvan het geen ander heenkome nie.

"Ons besoek aan die asgate het ons weer eens laat besef hoe dankbaar ons moet wees, mekaar moet waardeer, nie alles vanselfsprekend moet aanvaar nie en moet deel."

Hulle bedank die volgende borge wat tot die fonds bygedra het om die geskenkpakke te koop: Mnre. Godwin Walters van Polar Shop in Windhoek, Borris Allbertse van Polar Shop op Tsumeb, Warren Ockhuys van Kestrel Logistics, mnr. Johan van Wyk van Windhoek en sy vrou, mnr. AB en me. Lauren Coetzee van Swakopmund, Woermann Brock op Tsumeb, mnr. Brethwan en me. Marietha Waterboer van Tsumeb, mnr. Heimo en me. Jenny Fisch van Tsumeb, mnr. Vincent en me. Rochelle Louw van Tsumeb, mnr. David en me. Alice Olivier van Tsumeb, mnr. Leon en me. Fila Routh van Tsumeb, mnr. Colin en me. Renchia de Wee van Tsumeb, mnr. Christo en me. Rochelle Barry van Langstrand, mnr. Romano en me. Gabby O’Brien van Tsumeb, mnr. Fritz en me. Evelyn Nitschke van Tsumeb, me. Nadine Silver van Ear Institute op Tsumeb, mnr. Karel en me. Sylvia Majiedt van Swakopmund, mnr. Henry en me. Glynith Pienaar van Strandfontein, Suid-Afrika, mnr. Donovan en me. Lizelle Plaatjes van Tsumeb, mnr. William en me. Thea Bosch van Farmhouse Deli op Tsumeb, mnr. Sakarias Kadila van Moscow Investments cc. op Tsumeb, mnr. en me. Carlo Louw van Windhoek, me. Charlene Willemse van Johannesburg, Suid-Afrika, Metro Tsumeb, Welwitschia Insurance Brokers Tsumeb en me. Shaheen Emamdien van Tsumeb Motor Club.

Soortgelyk

 

Afrika-lied kom tuis in Namib

16 ure gelede | Kuns en vermaak

Elvira Hattingh - Die Duits-Namibiese kunstenaar Max Siedentopf het wêreldwyd opslae gemaak met ‘n kunsinstallasie in die Namib wat Toto se bekende liedjie “Africa” oor...

CoW verloor ronde teen baas

16 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die geskorste uitvoerende hoof van die Windhoekse stadsraad (CoW), mnr. Robert Kahimise, het 'n ronde teen sy werkgewer gewen.CoW sal waarskynlik binne...

Sowat 7 000 skeepspassasiers sak op Walvis toe

16 ure gelede | Toerisme

Geskiedenis is gister gemaak toe vier groot passasierskepe in die Walvisbaai-hawe op anker gelê het en sowat 7 000 internasionale reisigers op die hawedorp toegesak...

Herstel internet, toegang tot sosiale media in Zim

16 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Om mense in Zimbabwe die gebruik van internetdienste te ontneem, is ‘n skending van hul menseregte en benadeel die ekonomie.“Ons raam die...

Weer vir 17 Januarie 2019

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie oor die sentrale,...

Jong Namibiër maak biomediese deurbrake

16 ure gelede | Gesondheid

Denver Kisting - Sy twee jonger sibbe se worsteling as kinders met asma het ’n jong Namibiese ingenieur aangespoor om ’n toestel te ontwerp wat...

Lui-lui telefoon

16 ure gelede | Tegnologie

Telecom Namibia se landlyne in Windhoek was sedert Dinsdag buite werking. Mnr. Oiva Angula, Telecom Namibia se hoof van korporatiewe kommunikaise en openbare skakelwese, het...

Gedenkdiens gehou vir slagoffers van ongeluk

16 ure gelede | Plaaslik

’n Gedenkdiens vir ses van die sewe slagoffers wat onherkenbaar verbrand is tydens die ongeluk op 10 Augustus 2018, is Dinsdag op Otjiwarongo gehou. Die...

Meer as N$2 miljoen se stukkende verkeersligte

16 ure gelede | Regering

Die hoofstad se munisipaliteit het in 2018 meer as N$2 miljoen bestee om stukkende verkeersligte te herstel nadat dit in padongelukke beskadig is.Mnr. Harold Akwenye,...