Tsumeb-bakster se koeke betower

''n Stokperdjie-bakster van Tsumeb betower oud en jonk met haar indrukwekkende skeppings.

31 May 2016 | Gemeenskap
Tanja Bause - Me. Marscha Scholtz het nog altyd van bak gehou, maar dit was toe ’n kollega haar vra om ’n spesiale verjaardagkoek te bak dat die gogga behoorlik gebyt het en die bestellings begin instroom het.
Dit was nou al ’n paar jaar gelede en hoewel sy nog baie kan leer en baie graag ’n goeie bak- en koekversieringskursus wil bywoon, hou die bakkery haar nie net besig nie, maar ook baie gelukkig.
“Dit is vir my baie lekker om koeke te bak en veral om te versier,” het Scholtz gesê.
Met geen formele opleiding nie, het sy haarself meeste van die versier- en fondanttegnieke self geleer.
“Ek is ’n ywerige ‘Googler’ en die internet is ’n wonderlike hulpmiddel. Mens kan alles daar leer.”
Kliënte stuur vir haar ’n foto of ’n skets van die koek wat hulle graag wil hê, sy kyk daarna en maak veranderinge as dit nodig is, en dan begin sy bak.
“Daar was een keer ’n vrou wat vir my ’n foto van ’n koek gewys het wat sy by ’n troue geneem het. Sy wou weet of ek dieselfde koek vir haar troue kan maak. Heel toevallig was dié troukoek een wat ek self gebak het,” vertel sy met ’n glimlag. Hoewel sy bereid is om haar ­skeppings te koerier, verkies sy dat kliënte die koek by haar afhaal en vervoer tot waar hulle dit wil hê.
“Die heel eerste keer wat ek ’n ‘topsy turvy’-koek gebak het, het dit ­middernag omgeval. Ek moes daardie tyd van die nag van voor begin, want al my koeke word die aand voor ­aflewering vars gebak en versier.”
Sy het al ’n paar uitdagings gehad, soos byvoorbeeld ’n troukoek wat uit tien koeke bestaan het wat op mekaar gestapel moes word, of die lewensgrootte kitaar wat sy vir ’n verjaardag moes bak.
Scholtz aanvaar bestellings soos sy tyd het.
“Dit is nie my werk nie en ek kan net ná my gewone werksdag bak. Dit moet vir my lekker bly. Dus, as ek nie tyd het nie, sal ek nie ’n bestelling aanvaar nie,” het Scholtz gesê.

Soortgelyk

 

Hepatitis E-uitbreking in Omusatistreek

17 ure gelede | Gesondheid

Sedert gister het die Omusatistreek 45 gevalle van Hepatitis E aangeteken, waarvan 10 deur laboratoriumtoetse bevestig is. Die meerderheid van dié gevalle is uit die...

Plaasvoorman skiet glo werker dood

19 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n 65-jarige plaasvoorman verskyn na verwagting vanoggend (Donderdag) in die landdroshof op Mariental op 'n klag van moord.Dít kom nadat hy glo...

RCC: Kontrak met Chinese ongeldig

1 dag gelede | Plaaslik

“Dit is aangegaan sonder die insette of goedkeuring van my as lynminister.” Mnr. John Mutorwa; Minister van Werke en Vervoer

’n Huis vir Helena

1 dag gelede | Gebeure

Maria Eiseb - ’n Skoonmaker en ma van vyf was sprakeloos toe ’n huis in die Greenwell Matongo-woonbuurt in Katutura aan haar oorhandig is.Me....

STEM EN WEN

1 dag gelede | Gebeure

Tot 1 Junie het almal een SMS-stem om die Klein Dorp van die Jaar vir 2018 aan te wys.Kies uit:EenhanaOkahaoOniipaOranjemundDie vier finaliste sal hul dorpe...

Kalender 25 Mei

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Omba-galery, in samewerking met die John Muafangejo Art Centre (JMAC) bied ’n uitstalling deur voormalige studente en jong kunstenaars aan....

'Moenie NSFAF-geld terugbetaal'

1 dag gelede | Plaaslik

Denver Kisting'n Studente-organi­sasie het gister te velde getrek teen die voorstel dat beurse van die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) in lenings omskep word.Daarnaas...

Weer vir 24 Mei

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Mooiweer en warm tot baie warm in die //Kharasstreek, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig met miskolle op...

Where luxury is simple

1 dag gelede | Kuns en vermaak

In life, one will often find the most beautiful gems in the most unexpected places. Spectacularly situated on top of the breathtaking Spreetshoogte Pass...