Tses ruk op oor u2018strydkindu2019
Tses ruk op oor u2018strydkindu2019

Tses ruk op oor ‘strydkind’

Ontevrede inwoners sê poste moet aan plaaslike inwoners gegee word, en nie aan vreemdelinge van ander streke nie.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Die gemeenskap van Tses, naby Keetsmanshoop, het gisteroggend ‘n optog na die Nova Primêre Skool gehou en die ingang versper nadat ‘n nasaat van een van die vryheidsvegters van weleer, oftewel 'n strydkind, as skoonmaker by dié skool aangestel is.

Die strydkind is in dié vakante pos aangestel ná ‘n kabinetsbesluit dat afstammelinge van die vryheidstryd in staatsdiensposte in die streke aangestel moet word.

‘n Onderwyser wat anoniem wil bly, het vertel die gemeenskap het die ingang versper en geweier om enigiemand deur te laat.

Hy sê die gemeenskap het harke, skoffels, besems en moppe omhoog gehou om te wys hulle kan ook skoonmaakwerk doen.

“Die mense van Tses sê hulle is ook arm en honger; hulle is ook struggle kids,” het die onderwyser gesê.

Lede van die polisie se spesiale taakmag is ingeroep om die ontevrede inwoners in bedwang te bring.

Chaos het byna uitgebreek toe die besems en ander werktuie, waarmee die betogers hul ontevredenheid simbolies te kenne wou gee, deur dié polisiemaglede vir wapens aangesien is.

“Hulle kon gelukkig nie traangas gebruik om die mense uiteen te dryf nie, aangesien leerlinge teenwoordig was,” het die onderwyser vertel.

Die gemeenskap het eers omstreeks tweeuur gister toegelaat dat die skool se hekke oopgesluit word.

Dít nadat amptenare van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur en die streekpolisie ingegryp het om gemoedere te kalmeer.

Twee van die betogers is in hegtenis geneem ná hulle met lede van die taakmag handgemeen geraak het.

Later gister is mnr. Bernadus Swartbooi van die Landless People’s Movement (LPM) na Omitara ontbied waar die gemeenskap, net soos op Tses, ‘n optog gehou het omdat “mense van buite af” by die koshuis aangestel is.

Mnr. Ivan Skrywer, die LPM se nasionale koördineerder van logistiek en geleenthede, sê hulle is in kennis gestel die gemeenskap is kwaad omdat ses van die nege vakante staatsdiensposte op Omitara aan mense van buite die Omahekestreek gegee is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!