Tseiblaagte in groot nood
Tseiblaagte in groot nood

Tseiblaagte in groot nood

Tanja Bause
Tanja Bause – Nadat The Good for Good-organisasie bietjie meer as 'n maand onder die Verenigde Gereformeerde Kerke in Suider-Afrika (VGK) in Krönlein op Keetmanshoop gestig is, het hulle reeds twee keer noodsaaklike items aan behoeftige mense uitgedeel.

Volgens die stigter van die organisasie, mnr. Willem Eiman, het hy die nood in Tseiblaagte gesien en besluit om iets te doen om die mense te help.

“Ek het gesien hoe die mense met hul hande uit roomysbakkies eet. Hulle het nie messe, vurke of borde nie. Daar is eenvoudig nie werk nie.

“Die mense is nie hulpeloos nie, hulle het net hoop verloor. Die nood is baie groot en word al hoe groter.

“Ek en vele ander Keetmanshopers het elke dag 'n keuse wat ons wil aantrek, maar dié mense het nie. Hulle het nie klere om van te kies en te keur nie. Hulle trek aan wat hulle het. Die nood is groot en veral nou met winter wat op pad is, moet ons help waar ons kan. Elke bietjie help. Ons benodig klere en komberse wat ons aan die mense kan uitdeel.”

Volgens hom kan mense wat wil help ook eetgerei, borde en skoene skenk. “Koop een tandepasta en skenk een; so kan ons vir die mense hulle menswaardigheid teruggee.”

Mense wat graag iets wil skenk, kan dit by die VGK in Krönlein gaan afgee of vir Eiman kontak en hy sal die skenking oplaai.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!