Tsau //Khaeb Nasionale Park geopen

Die NamParks-projek is deur die Duitse regering gefinansier, wat die afgelope 16 jaar 44 miljoen euro aan die program bestee het.
Die minister van die omgewing en toerisme en die Duitse ambassadeur in Namibië het die Tsau //Khaeb (Sperrgebiet) Nasionale Park Vrydag (15 Nov) amptelik geopen.

Mnre. Pohamba Shifeta en Herbert Beck het die ou poskantoorgebou op Lüderitz as die park se nuwe amptelike hoofkantoor ingewy.



Die park se nuwe infrastruktuur behels agt tweeslaapkamerhuise vir parkbestuurpersoneel op Lüderitz; drie tweeslaapkamerhuise vir parkbestuurpersoneel en ’n natuurbewaarder op Aus; agt tweeslaapkamerhuise op Rosh Pinah; een drieslaapkamerhuis vir senior personeel en ses tweeslaapkamerhuise op Oranjemund.

Dit sluit ook die opknapping van die bestaande kantoor op Oranjemund en agt strategiese ingangspunte na die park in.

Die nuwe parkinfrastruktuur is nóg ’n mylpaal van die langtermyn- gesamentlike ontwikkelingsprogram, NamParks, om Namibië se nasionale parke te verbeter.

Die projek is deur die Duitse regering deur middel van die KfW gefinansier, wat die afgelope 16 jaar 44 miljoen euro (sowat N$700 miljoen) aan die program vir fases I tot V bestee het.

“Die nuwe infrastruktuur sal die ministerie toelaat om die Tsau //Khaeb (Sperrgebiet) Nasionale Park (TKNP) en sy omliggende gebiede in samewerking met sy bure, inwoners en ander rolspelers beter te bestuur en die unieke fauna en flora te beskerm,” lui ’n gesamentlike verklaring van die ministerie en ambassade.

“Die parkbestuurstasies sal ook help om nasionale en oorgrensmigrasieroetes vir wildlewe en verhoogde toerisme-ontwikkeling in die streek en land te verbeter.”

Die steun aan NamParks vir die Tsau //Khaeb (Sperrgebiet) Nasionale Park met behulp van die Duitse Ontwikkelingskoöperasie deur die KfW, en medefinansiering van Namibië se regering deur middel van die ministerie van die omgewing en toerisme, beloop 5 miljoen euro (sowat N$80 miljoen).

Die huidige NamParks fase IV fokus op infrastruktuurontwikkeling in die Bwabwata, Mudumu en Tsau //Khaeb (Sperrgebiet) nasionale parke.

“Die saambestaan van mynbou en biodiversiteit is deurslaggewend tot die holistiese bestuur van hierdie gebied. Daarom is onderhandeling oor beheerde toerismekonsessies in die park byna afgehandel. Dit sal groot moontlikhede vir toerisme in die ||Kharasstreek ontsluit,” lui die verklaring.

NamParks se vyfde fase sal op die ontwikkeling van Namibië se ander kusparke soos die Skedelkuspark, Dorob Nasionale Park, Kaapkruis-robreservaat, die Namib-Naukluft Park en omliggende gebiede fokus.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!