Tsasen toor met sy talent
'n Ongeskoolde Namibiër verdien sy brood deur windpompe te maak, maar dis nooit genoeg nie.
Tanja Bause - “Ek het nie skoolgegaan nie, ek het net my kuns,” sê mnr. Tsasen Rooisnasie.
Rooisnasie is bekend vir sy windpompe - veral onder die boeregemeenskap.
“Ek sukkel om genoeg geld uit die windpompe te maak om my ma en my doofstom broer te kan ondersteun. Ek het besluit om nou ook ander kunswerke te maak,” sê hy.
Van dié kunswerke sluit blompothouers uit draad in.
“Ek het onder meer 'n fiets gemaak wat voor en agter plek vir 'n blompot het. Die fiets word volgens die kliënt se spesifikasies met blik, klippe of nog draad versier. Ek kan ook 'n fietsryer uit draad maak en op die fiets sit.”
Volgens Rooisnasie is kuns in sy bloed en het hy die gawe om idees wat hy in sy drome kry in kunswerke te omskep. Van kuns alleen kan hy egter nie 'n lewe maak nie.
“Ek het al by verskeie kantore om hulp gaan aanklop. Soos die ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, die Khomas-streeksraad en ook die raadslid vir Wanaheda se kantoor. Elke keer is ek weggewys of ek kry 'n klomp vorms wat ek moet invul. Ek het nie skoolgegaan nie en kan nie Engelse vorms invul nie. Niemand wil my help nie. Daar word gesê 'skryf 'n voorstel en bring dit terug'. Ek sal iemand moet betaal om dit vir my in Engels te skryf en ek het nie die geld nie,” sê Rooisnasie.
Volgens hom is die president se Harambee-welvaartsplan, wat sê niemand mag van die Namibiese huis uitgesluit word nie, leuens.
“Harambee is net vir sekere mense bedoel. Dit sluit nie mense in wat in plakkerskampe woon nie. Dit sluit ook beslis nie alle rasse in nie,” het hy gesê.
Nietemin laat Rooisnasie hom nie afskrik nie en gaan hy met sy skeppings voort.
“Ek wil vir die wêreld Namibiese kuns wys. Ek wil die wêreld wys hier in ons land is mense wat baie kunstig is en wat met hul hande baie mooi en interessante goed kan maak,” het hy gesê.
Dit is egter nie altyd maklik nie, omdat die aankoop van materiaal volgens Rooisnasie baie duur is.
Belangstellendes kan Rooisnasie by 081 713 3790 skakel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie