Trustfonds vir sebraslang-teengif gestig

19 December 2018 | Gesondheid
Francoise Steynberg



Op klein Deon Heunis de Wet (2) se tragiese sterfdag 12 ­November vanjaar, ná hy sy stryd teen 'n ­sebraslangbyt verloor het, het sy pa, mnr. Louw de Wet, 'n trustfonds vir die ontwikkeling van teengif teen sebraslangbyt gestig.

Die trustfonds staan bekend as die Deon Heunis de Wet Anti-Venom Trust (DHATF) en is niewinsgewend.

“Die hoofdoel van die trustfonds is die ontwikkeling van 'n teengif teen sebraslangbyt. Die trust sal ook alle toepaslike navorsing rakende ­bakteriese infeksie weens slangbyt ondersteun,” sê De Wet.

“As die finansiële vermoë van die fonds sterk genoeg is en die hoof­doel is bereik, sal die DHATF uitgebrei kan word om op ander slangteengif te verbeter. Slegs toerusting verwant aan dié doelwitte mag uit die fonds aangekoop word,” sê De Wet.

Hy sê as daar genoeg geld in die fonds is, sal skenkings waar nodig gemaak word, en sal dit moontlik aangewend word om minderbevoorregte mense in landelike gebiede met medisyne en fondse te help.

Die trustees van die fonds is De Wet, mnr. Johann Weyhe en dr. Christo Buys, wat slagoffers van slangbyt al dekades lank behandel.

Die rekeningbesonderhede van die trust is Deon Heunis de Wet Anti-­Venom Trust, Bank Windhoek, Maerua Mall-tak, takkode 483-872, rekeningnommer 8012 405 695.

Deon Heunis de Wet is op 7 November die aand in sy bed in hul huis op die Elisenheim-landgoed noord van Windhoek deur 'n sebraslang op sy regteroog gebyt.

Hy het teen alle verwagting 108 uur lank teen die gif geveg, wat twee ­volwasse mans kan doodmaak.

Soortgelyk

 

Afrika-lied kom tuis in Namib

17 ure gelede | Kuns en vermaak

Elvira Hattingh - Die Duits-Namibiese kunstenaar Max Siedentopf het wêreldwyd opslae gemaak met ‘n kunsinstallasie in die Namib wat Toto se bekende liedjie “Africa” oor...

CoW verloor ronde teen baas

17 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die geskorste uitvoerende hoof van die Windhoekse stadsraad (CoW), mnr. Robert Kahimise, het 'n ronde teen sy werkgewer gewen.CoW sal waarskynlik binne...

Sowat 7 000 skeepspassasiers sak op Walvis toe

17 ure gelede | Toerisme

Geskiedenis is gister gemaak toe vier groot passasierskepe in die Walvisbaai-hawe op anker gelê het en sowat 7 000 internasionale reisigers op die hawedorp toegesak...

Herstel internet, toegang tot sosiale media in Zim

17 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Om mense in Zimbabwe die gebruik van internetdienste te ontneem, is ‘n skending van hul menseregte en benadeel die ekonomie.“Ons raam die...

Weer vir 17 Januarie 2019

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie oor die sentrale,...

Jong Namibiër maak biomediese deurbrake

17 ure gelede | Gesondheid

Denver Kisting - Sy twee jonger sibbe se worsteling as kinders met asma het ’n jong Namibiese ingenieur aangespoor om ’n toestel te ontwerp wat...

Lui-lui telefoon

17 ure gelede | Tegnologie

Telecom Namibia se landlyne in Windhoek was sedert Dinsdag buite werking. Mnr. Oiva Angula, Telecom Namibia se hoof van korporatiewe kommunikaise en openbare skakelwese, het...

Gedenkdiens gehou vir slagoffers van ongeluk

17 ure gelede | Plaaslik

’n Gedenkdiens vir ses van die sewe slagoffers wat onherkenbaar verbrand is tydens die ongeluk op 10 Augustus 2018, is Dinsdag op Otjiwarongo gehou. Die...

Meer as N$2 miljoen se stukkende verkeersligte

17 ure gelede | Regering

Die hoofstad se munisipaliteit het in 2018 meer as N$2 miljoen bestee om stukkende verkeersligte te herstel nadat dit in padongelukke beskadig is.Mnr. Harold Akwenye,...