Trustfonds vir sebraslang-teengif gestig
Trustfonds vir sebraslang-teengif gestig

Trustfonds vir sebraslang-teengif gestig

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Op klein Deon Heunis de Wet (2) se tragiese sterfdag 12 November vanjaar, ná hy sy stryd teen ’n sebraslangbyt verloor het, het sy pa, mnr. Louw de Wet, 'n trustfonds vir die ontwikkeling van teengif teen sebraslangbyt gestig.

Die trustfonds staan bekend as die Deon Heunis de Wet Anti-Venom Trust (DHATF) en is niewinsgewend.

"Die hoofdoel van die trustfonds is die ontwikkeling van 'n teengif teen sebraslangbyt. Die trust sal ook alle toepaslike navorsing rakende bakteriese infeksie weens slangbyt ondersteun," sê De Wet.

"As die finansiële vermoë van die fonds sterk genoeg is en die hoofdoel is bereik, sal die DHATF uitgebrei kan word om op ander slangteengif te verbeter. Slegs toerusting verwant aan dié doelwitte mag uit die fonds aangekoop word," sê De Wet.

Hy sê as daar genoeg geld in die fonds is, sal skenkings waar nodig gemaak word, en sal dit moontlik aangewend word om minderbevoorregte mense in landelike gebiede met medisyne en fondse te help.

Die trustees van die fonds is De Wet, mnr. Johann Weyhe en dr. Christo Buys, wat slagoffers van slangbyt al dekades lank behandel.

Die rekeningbesonderhede van die trust is Deon Heunis de Wet Anti-Venom Trust, Bank Windhoek, Maerua Mall-tak, takkode 483-872, rekeningnommer 8012 405 695.

Deon Heunis de Wet is op 7 November die aand in sy bed in hul huis op die Elisenheim-landgoed noord van Windhoek deur 'n sebraslang op sy regteroog gebyt.

Hy het teen alle verwagting 108 uur lank teen die gif geveg, wat twee volwasse mans kan doodmaak.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!