Trustco lê klag teen prokureurs
Die regsgenootskap hou verwikkelinge dop, terwyl die owerhede gevra is om ondersoek in te stel.
Augetto Graig - Trustco Insurance het verlede Dinsdag 'n klag van bedrog, alternatiewelik diefstal onder valse voorwendsels, teen die regsfirma Kruger Van Vuuren & Co by die Namibiese polisie gelê.
Dít is deur hoofinsp. Kauna Shikwambi, die Namibiese polisie se hoofwoordvoerder, bevestig.
Volgens Informanté, Trustco Group Holdings se koerant, is die Toesighoudende Owerheid vir Namibiese Finansiële Instellings (Namfisa) ook hiervan ingelig.
Die saak wentel om die groep se maatskappy Legal Shield, wat kliënte van regsdienste voorsien.
Volgens Trustco Insurance beskik hulle oor bewyse dat sekere prokureurs, insluitend Kruger Van Vuuren & Co, onregmatige fakture ingedien het - soms glo sonder om in die hof te verskyn.
Volgens hul nuusverklaring het 'n interne ondersoek deur Trustco Insurance na die rekeningkundige praktyke van gekontrakteerde regsfirmas skokkende bevindinge tot gevolg gehad.
“Trustco Insurance, wat in die belang van sy lede optree, het geen ander opsie gehad as om 'n strafregtelike klag van bedrog by Nampol te lê vir 'n strafregtelike ondersoek na hierdie oënskynlik bedrieglike aktiwiteite deur lede van die regsgenootskap nie,” lees die verklaring.
Die beweerde bedrog beloop volgens Trustco Insurance N$1,4 miljoen.
Intussen het die Regsgenootskap van Namibië (LSN) gesê hulle wag al sedert Desember 2017 vir Trustco om bewyse te lewer wat hul beweringe staaf.
Die genootskap sê hulle het by twee geleenthede reeds per e-pos en gewone pos met Trustco oor die aangeleentheid gekorrespondeer, maar geen reaksie ontvang nie.
Volgens die genootskap moes sake wat voor die hoërhof dien, uitgestel word omdat Trustco versuim het om die betrokke prokureurs vir hul dienste te betaal.
Hulle neem kennis van die voortdurende onenigheid tussen Trustco en verskeie regsfirmas oor betaling, en sê van die firmas is tans besig om Trustco na aanleiding hiervan te dagvaar.
Die genootskap het glo ook klagtes oor Trustco se optrede, wat regsverteenwoordigers se kliënte nadelig beïnvloed, na Namfisa aangestuur.
Mnr. Johan van Vuuren, van Kruger Van Vuuren & Co, sê oor Trustco se beweringe: “Dit is nonsens.”
In November 2017 het minstens 11 regsfirmas oor die niebetaling van regskoste gekla, en die Bank van Namibië (BoN) en Namfisa is albei versoek om Legal Shield se reserwes te ondersoek.
Dít het gevolg ná Kruger Van Vuuren & Co vir Trustco Insurance voor die hof gedaag het oor geld wat nie deur Legal Shield uitbetaal is nie.
Hierop het ook 'n bevestiging van niebetaling sedert September daardie jaar aan die regsgenootskap gevolg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie