Trump wys Davos se elite 'is altyd verkeerd'
Kenneth Rogoff onthou die presiese oomblik toe hy bekommerd geraak het dat Donald Trump die volgende Amerikaanse president kon word: Dit was toe die deelnemers verlede Januarie aan die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) se jaarberaad op Davos gesê het dit sal nooit gebeur nie.
“Die grappie wat ek al vir meer as 1 000 mense vertel het in die maande sedert Davos, is dat die konvensionele wysheid van Davos altyd verkeerd is,” sê dié professor van Harvard en voormalige hoofekonoom van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF).
“Ongeag hoe onwaarskynlik, die gebeurtenis wat meer waarskynlik gaan gebeur, is die teenoorgestelde van wat die konsensus by Davos is.”
Ná 'n jaar waarin politieke skokke finansiële markte in 'n warboel gestuur het en die loopbane beëindig het van politici wat voorheen Davos oorheers het, is die kommer vir vanjaar se deelnemers nie dat hul voorspellings dikwels verkeerd is nie, maar dat hul wêreldsiening verkeerd is.
In die vier dekades sedert sy ontstaan het die WEF 'n algemene konsensus gekweek ten gunste van globalisering en oop markte. Die belangrikste beginsels is dat kapitaal, goedere en mense vrylik oor grense moet kan beweeg – 'n beginsel wat groot voordele kan inhou vir mense met opvoeding en geld, maar skrikwekkend is vir diegene daarsonder.
“Sedert die resessie het die daaropvolgende oplewing die meer welvarende mense bevoordeel en min gedoen vir die middelklas en ondertoe. Dit is nou die teenreaksie,” sê Nariman Behravesh, hoofekonoom van HIS Markit. “Davos se visie van die wêreld het nie 'n breed gebaseerde ekonomiese herstel tot gevolg gehad nie.”
Populisme
Daar is geen twyfel dat die wêreld 'n era van populisme betree wat gevestigde internasionale bande kan skeur nie.
Sowat 'n derde van effektebeleggers in 'n peiling deur Bank of America Merrill Lynch sê populisme is nou hul grootste bron van kommer, teenoor slegs 9% in Oktober.
Elke populistiese beweging is uniek, maar almal deel 'n algemene veragting vir die elite, hoe dit ook al gedefinieer word, en by verlenging die ekonomiese beginsels wat hulle bevorder.
Vanjaar se agenda maak die mate van angstigheid duidelik, met sessies soos “Cultivating appropriate emotions in a time of nationalist populism” en “Squeezed and Angry: How to Fix the Middle Class Crisis.”
China se rol
Die gewildste gas sal sonder twyfel die Chinese president Xi Jinping wees, wat Davos vir die eerste keer sal bywoon. Hy sal voorbrand maak vir 'n mededinger vir die Trans-Pasifiese-vennootskap, die voorgestelde handelsooreenkoms wat met Trump se verkiesing 'n stille dood gesterf het.
Dit is die ironie van die tye waarin ons leef – dat dit kommunistiese China is wat vrye handel wil bevorder.
Davos se veterane probeer intussen 'n globale kapitalisme aanmoedig wat meer in ooreenstemming is met die internasionale gemoed en wat niemand uitsluit nie en ongelykhede moet takel.
Als is egter nie verlore vir die Davos-elite nie. Kritici het die dood van die Davos-konsensus ná die finansiële krisis in 2008 voorspel. Die beraad se prominensie het egter net aanhou styg soos sakeleiers en politici steeds aanhou gaan het.
Internasionale aandele het 'n sterk bullopie sedert Trump se verkiesing en hoewel hy nie 'n voorstander is van die liberale internasionalisasie is wat by Davos gepreek word nie, kan hy baie voordelig wees vir die voorstanders daarvan se bankbalanse, ten minste oor kort termyn.
Sy kabinet is vol individue wat baie meer gemaklik sal wees in die Switserse ski-oord se promenade as sê maar, 'n Walmart in Wisconsin.
Trump se nasionale ekonomiese raadgewer, Gary Cohn, is welbekend in die Davos-kringe vanweë sy vorige lewe as hoof van Goldman Sachs. 'n Ander Trump-vertroueling, die batebestuurder Anthony Scaramucci, het in die verlede een van die gewildste jaarlikse partytjies by die beraad gehou.
Selfs al sê die deelnemers aan Davos dat hulle staan by die beginsels wat hulle dekades lank goedgepraat het wat hulle glo steeds die beste manier is om welvaart te skep, is dit dalk tyd dat hulle toegee hulle doen dit op die verkeerde manier.
“Daar moet 'n mate van nederigheid wees,” sê Ngaire Woods, hoof van die Blavatnik School of Government by Oxford en 'n gereelde besoeker aan Davos.
“30 jaar lank het die elite gesê: 'Ons is in beheer van globalisering en ons maak dit vir almal werk',” sê Woods.
“Hulle kan nie dit egter aanhou herhaal nie.”
– Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie