Trump twyfel steeds oor kuberkrakery

CIA, FBI, DNI gee agtergrond oor bevindinge

06 January 2017 | Internasionaal
Top Amerikaanse spioenasiehoofde het gister (Donderdag) voor die land se kongres getuig oor beweerde Russiese inmenging in die Amerikaanse verkiesing, terwyl die verkose president, Donald Trump, voortgaan om die bewering dat Moskou agter die kuberkrakery van die Demokratiese Party se rekenaars sit, in twyfel te trek.

Die Amerikaanse publiek het nou 'n beter idee oor die sterkte van die getuienis oor die beweerde kuberkrakery nadat die senaat se komitee belas met gewapende dienste 'n verhoor onder die voorsitterskap van sen. John McCain gehou het.

McCain is 'n fel kritikus van Rusland en het Woensdag gesê Moskou se inmenging by 'n Amerikaanse presidentsverkiesing is 'n “oorlogsdaad”.

Die direkteur van nasionale intelligensie, James Clapper, en die direkteur van die nasionale veiligheidsagentskap, Michael Rogers, het getuig te midde 'n twis tussen Trump en die intelligensiegemeenskap, op wie hy vir kritiese advies sal moet staatmaak wanneer hy op 20 Januarie president word.

In twiets die week het Trump die spot gedryf met die CIA en FBI se gevolgtrekkings wat deur die uittredende president, Barack Obama, ondersteun word, dat kuberkrakers in opdrag van die Russiese regering e-posse van die Demokrate gekry het en dit via WikiLeaks gelek het om Trump se teenstaander, Hillary Clinton, te ondermyn.

Trump het getwiet: “Die 'intelligensie' inligtingsessie oor sogenaamde Russiese kuberkrakery is tot Vrydag uitgestel, miskien vir meer tyd om 'n saak op te bou. Baie vreemd!”

Dié belediging is vererger toe hy die stigter van WikiLeaks, Julian Assange, aangehaal het waar hy bevindinge van Russiese betrokkenheid deur veelvuldige Amerikaanse agentskappe bevraagteken het.

“Julian Assange sê 'n 14-jarige kon Podesta (se rekenaar) gekuberkraak het – hoekom was DNC so agterlosig?” het Trump gevra met verwysing na duisende e-posse en dokumente wat van rekenaars van die Demokratiese Nasionale Konvensie (DNC) en die hoof van Clinton se verkiesingsveldtog, John Podesta, gesteel is.

Die Amerikaanse in­telligensiehoofde en Obama wys die vinger na die Russiese president, Wladimir Poetin, en sê so 'n ­operasie kon nie sonder goedkeuring van die hoogste gesag plaasgevind het nie.

The Wall Street Journal het Woensdag berig dat Trump reeds werk aan die herstrukturering van die kantoor van die direkteur van nasionale intelligensie, wat volgens Trump “opgeblase en verpolitiseer" geraak het.

Trump sal vandag deur die hoofde van die CIA, FBI en DNI ingelig word oor die bewyse agter hul bevinding dat Rusland by die verkiesing ingemeng het en 'n gedeklassifiseerde weergawe van die verslag aan die Withuis word volgende week verwag.

- Nampa/AFP

Soortgelyk

 

Rivierrommel besmet Nubuamis

6 ure gelede | Omgewing

Tanja Bause - ’n Rivier wat deur verskillende kleinhoewes by Nubuamis, buite Windhoek, vloei, laat inwoners les opsê.Die rivier, wat verlede week Vrydag vir die...

Bankamptenaar erken reusebedrog

6 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw - Mark Wayne van Wyk (29) se liefde vir partytjies en onthaal is deur gesteelde geld gefinansier, het hy gister voor regter Naomi...

Weer vir 17 Januarie 2018

6 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele tot geïsoleerde donderbuie. Dit sal winderig oor die binneland wees. KUS: Gedeeltelik bewolk...

Op die leeuspoor ná slagting by die Witvrou

6 ure gelede | Ministeries

Des Erasmus - Nkosi, die diereryk se koning van die Ugabvallei, en sy vrou, die parmantige Cheeky, is die hoofverdagtes in die slagting van die...

Slenter: Nampol vul nié poste

6 ure gelede | Misdaad

Nampol is nié besig om kadette aan te stel nie. Die Namibiese Polisie het gister 'n nuusverklaring uitgereik waarin hy homself van advertensies op sosiale...

Hoë VN-poste vir Namibiese vroue

6 ure gelede | Afrika

Elvira Hattingh en Estelle de Bruyn - Adv. Bience Gawanas, voorheen Namibië se ombudsman en later kommissaris van die Afrika-unie (AU), is deur die sekretaris-generaal...

Hoofman Dawid Fredericks oorlede

6 ure gelede | Mense

Die hoofman van die !Aman Nama, mnr. Dawid Fredericks, is Vrydag in die ouderdom van 85 jaar op Keetmanshoop in die hospitaal dood. Hy...

Onsekerheid oor lenings aan studente

6 ure gelede | Onderwys

Augetto Graig - Die Nasionale Hulpfonds vir Studente (NSFAF) is tans besig om met verskeie belanghebbendes te onderhandel en kan tans nie terugvoering bied aan...

Winkelinbraak: 227 selfone gesteel

6 ure gelede | Misdaad

Altesaam 227 selfone en ander goedere is die naweek helder oordag tydens 'n inbraak by Pep Stores op Usakos gesteel.Volgens adj.komm. Erastus Iikuyu, die Namibiese...