Trump spog weer met sy 'alternatiewe feite'
Trump spog weer met sy 'alternatiewe feite'

Trump spog weer met sy 'alternatiewe feite'

Hoe lyk die wêreld vanuit die oë van pres. Donald Trump van Amerika gesien en wat is die harde werklikheid? Die AP-nuusagentskap maak die vergelyking.
Estelle de Bruyn
In 'n onderhoud met Associated Press het pres. Donald Trump van die VSA aanspraak gemaak op meer vordering as wat hy wel in sy 100-dae-plan gemaak het en gewys hy is nie goed vertroud met wat hy in sy “kontrak” met die kiesers belowe het nie. Hier is 'n paar van sy aansprake in die onderhoud Vrydag en ander uitlatings verlede week.

Trump oor sy 100-dae-plan in die AP-onderhoud: “Ek is amper daar wat die meeste items betref.”

Die feite: Hy is nie. Baie is nog nie aangepak nie.

Van die 38 spesifieke beloftes in sy 100-dae-“kontrak” met kiesers het hy tien uitgevoer, hoofsaaklik deur presidentsbevele wat nie wetgewing vereis nie. Hy het die VSA byvoorbeeld aan die Trans-Pasifie­se handelsooreenkoms onttrek, 'n gewelddadige taakmag teen misdaad tot stand gebring en beperkings op fossielbrandstof­­ont­-wikkeling opgehef.

Van die tien stukke wetgewing wat hy beloof het, is niks nog deurgevoer nie en die meeste is nog nie eens voorgelê nie. Net die gesondheidsorgveranderings sou voorgelê word, maar is onttrek weens te min steun. 'n Nuwe voorstel daaroor word opgestel.

Hy het nog nie begin met 15 van sy 100-dae-beloftes nie. Dit sluit in verskeie immigrasiewette, die bekostigbaarheid van universiteitsopleiding, aansporings vir infrastruktuurinisiatiewe en straf vir maatskappye wat werk en poste na die buiteland skuif. Saterdag sal sy 100ste dag as president wees.

Trump: “Ek dink die 100 dae is, jy weet, 'n kunsmatige afsluiting. Dit het nie juis betekenis nie.” – AP-onderhoud.

Die feite: Trump het 'n stel beloftes gemaak oor sy eerste 100 dae. Dit is uitgereik toe hy op 22 Oktober in Gettysburg, Pennsilvanië, gepraat het.

“Wat volg, is my 100-dae-aksieplan om Amerika weer groot te maak,” lui die manifes.

“Dis 'n kontrak tussen my en die Amerikaanse kieser.

“Op 8 Oktober sal Amerikaners stem vir dié 100-dae-plan om welvaart in ons ekonomie te herstel, om veiligheid in ons gemeenskappe te herstel, en om eerlikheid in ons regering te herstel. Dit is my belofte aan julle.”

Trump noem die 100-dae-mylpaal nou “belaglik” en onderspeel sy manifes nou. In die AP-onderhoud klink dit of hy die plan aan sy span in die verkiesingsveldtog toe­skryf: “Iemand, ja, iemand, het vorendag gekom met die konsep van 'n 100-dae-plan.”

Trump:“Ek het 'n hooggeregshofregter nie op die 100-(dae-) plan gesit nie, en ek het 'n hooggeregshofregter gekry.”

Die feite: Hy het in sy plan beloof om “te begin met die proses om 'n plaasvervanger vir regter Scalia te kry”. Hy het meer gedoen as wat hy beloof het. Hy het nie net met die proses begin nie, maar senaatsgoedkeuring gekry vir Neil Gorsuch, wat nou in die hooggeregshof dien.

Trump: “Geen administrasie het in die eerste 90 dae meer vermag nie.” – Dinsdag by die hoofkantoor van Snap-on Tools in Kenosha, Wisconsin.

Die feite: Verskeie presidente het Trump oortref.

Toe Franklin D. Roosevelt in die Groot Depressie president geword het, het hy gou 'n bankvakansie afgekondig om die paniek te laat bedaar, 'n spesiale sitting van die kongres belê en noodwetgewing deurgevoer gekry om die bankstelsel te stabiliseer.

Hy het met nog wetgewing vorendag gekom wat die pilare waarop die New Deal gerus het in sy eerste 100 dae tot stand gebring het. Dit was “die mees gekonsentreerde tydperk van Amerikaanse hervorming in die Amerikaanse geskiedenis”, sê Alan Brinkley en Davis Dyer in The Reader's Companion to the American Presidency. Altesame 14 geskiedkundige wette is in dié tyd deurgevoer.

Die groot items op Trump se agenda, soos sy beloofde belastinghervormings en infrastruktuurplan, moet nog voor die kongres dien. Sy poging om mense van terreurgebiede uit die land te hou, is tot dusver deur die howe gestuit.

Sy eerste poging om oudpres. Barack Obama se gesondheidsorgwet te vervang, het in die kongres misluk. Soos Roosevelt het Obama ook te midde van 'n ekonomiese krisis, die ergste sedert die Depressie, president geword.

Hy het in die eerste maand van sy presidentskap 'n pakket van US$787 miljard ter bevordering van die ekonomie goedgekeur en ook wette vir die uitbreiding van gesondheidsorg vir kinders en die bevordering van gelyke vergoeding in daardie tyd deurgevoer gekry.

Pres. Ronald Reagan se eerste 100 dae is beskou as die mees gedrewe sedert Roosevelt se tyd, al is Reagan op 30 Maart 1981 geskiet.

Hy het die mees betekenisvolle belasting-, bestedings- en regeringshervormingsplan in dekades aan die kongres voorgelê.

Niks wat Trump nog mee vorendag gekom het, kom naastenby by dié, 'n omvattende pakket wat die kongres later goedgekeur het nie.

Trump: “Die Obama-admin se vrot beleid oor onwettige immigrasie het daartoe gelei dat slegte MS 13-bendes in stede oor Amerika heen tot stand gekom het. Ons verwyder hulle vinnig.” – 'n Twiet Dinsdag.

Die feite: Obama kan nie geblameer word vir die totstandkoming van MS-13 as 'n landwye bende nie omdat dit gebeur het lank voordat hy president geword het.

Volgens Trump se eie departement van justisie het die bende, wat in die 1980's in die Sentraal-Amerikaanse gemeenskap in Los Angeles tot stand gekom het, “gou oor deelstate oor die land heen versprei”. 'n Rekordgetal mense, veral lede van MS-13, is deur die Obama-administrasie gedeporteer en hul bates in die VSA in 'n ongekende stap bevries. Die bende is egter nog bedrywig en die Trump-administrasie sê hy sal nog stappe doen.

Trump:“Ek het my houding oor China nie versag nie . . . China probeer ons help.” – Fox-onderhoud Dinsdag.

Die feite: Trump het sy verkiesingsbelofte om China tot 'n valutamanipuleerder te laat verklaar, laat vaar. Sy voorneme sou tot handelsboetes kon lei.

China het sy geldeenheid in 'n stadium gedevalueer om sy uitvoer kunsmatig goedkoper te maak, maar het markkragte in die laaste jare toegelaat om meer te doen om wisselkoerse te bepaal.

Maar op 2 April het Trump nog aan The Financial Times gesê die Chinese is “wêreldkampioene” in valutamanipulasie.

Trump: hy het gesê hy wil seker maak ander lidlande van Navo begin hul rekeninge 'n bietjie meer betaal. “Jy weet, hulle is baie, baie ver agter.”

Die feite: Navo-lede is nie agter met hul betalings nie. Hulle het in 2014 onderneem om in 2024 2% van hul bruto nasionale produk aan hul militêre begrotings te bestee. Die meeste van hulle bestee nou minder as dit en die VSA plaas druk op hulle om meer te bestee.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!