Trump se skoonseun kry toppos in Withuis

11 January 2017 | Internasionaal
Donald Trump het sy skoonseun, Jared Kushner, wat een van die sleutelfigure in die aangewese Amerikaanse president se verkiesingsveldtog was, beloon deur hom aan te wys as ’n senior adviseur in die Withuis.

Kushner gaan volgens lede van Trump se oorgangspan fokus op handel en die Midde-Ooste.

Kushner (35) is getroud met Trump se dogter Ivanka.

Die jong sakemagnaat het die pos aanvaar nadat hy regsadvies ingewin het dat die aanstelling nie landswette oortree wat daarop gemik is om nepotisme teen te werk nie.

Die Demokrate wil egter hê die besluit moet hersien word, en dat die departement van justisie in detail na die wetlike aspekte van die aanstelling moet kyk.

Die pos vereis, anders as kabinetsposte, nie die goedkeuring van die Amerikaanse senaat nie en Kushner sal nie betaling ontvang nie.

Trump het in ’n verklaring gesê Kushner was ’n reusebate en ’n betroubare raadgewer tydens sy verkiesingsveldtog.

Kushner is nes sy skoonpa ook ’n eiendomsontwikkelaar in New York en was betrokke by amper elke aspek van die veldtog, insluitende personeelbesluite, strategie en fondsinsameling.

Ivanka, wat ook gereeld tydens sy veldtog aan haar pa se sy was, gaan nie ’n pos in die Withuis beklee nie, maar sal eerder daarop fokus om haar gesin in Washington te vestig. Die egpaar het drie kinders.

Volgens Kushner se prokureur sal hy bedank as hoof van sy eiendomsontwikkelingsmaatskappy en as uitgewer van die koerant New York Observer.

Kushner en sy vrou sal moet afsien van ’n beduidende hoeveelheid van hul bates uit hul wye verskeidenheid van finansiële portefeuljes terwyl hulle voorberei op die skuif Washington toe.

Kushner sal nou met Reince Priebus, die inkomende personeelhoof van die Withuis, en Steve Bannon, senior strateeg saamwerk.

Trump word op 20 Januarie as president ingehuldig. - Netwerk24/Reuters

Soortgelyk

 

Bejaarde Hollander sterf op Daan Viljoen-wandelpad

6 ure gelede | Polisie

Die lyk van 'n 70-jarige Hollandse burger is Saterdagoggend op 'n wandelpad in die Daan Viljoen-wildtuin buite Windhoek gevind.Die polisie sê in sy misdaadverslag die...

Twee begrafnisgangers sterf in ongeluk in Kunene

7 ure gelede | Ongelukke

Twee mense is dood en nege ander beseer toe die bakkie waarin hulle Saterdagmiddag vanaf die begrafnis van die Kunene-goewerneur, me. Angelika Muharukua, op pad...

Cenored sny sowat 200 verbruikers se elektrisiteit

8 ure gelede | Energie

Augetto Graig - Die elektrisiteitsverskaffer vir Namibië se Sentrale Noorde, Cenored, het begin om verbruikers se kragtoevoer af te sny wat nie kontrakte vir die...

Briedenhann - Suider-Afrika se teler van die jaar

2 dae gelede | Landbou

Die bekende Namibiese Bonsmara-teler van Hartebeestloop, Joggie Briedenhann, is tydens die Aldam Stockman-skool aangewys as die Landbouweekblad/Breedplan Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar 2017. Foto Facebook.

Chinees van dieremishandeling aangekla

2 dae gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - 'n Klag van dieremishandeling is deur die Dierebeskermingsvereniging (DBV) van Windhoek teen die eienaar van 'n Chinese konstruksiemaatskappy, Orient Dragon Construction (ODC),...

'Moenie in Kavango visvang'

2 dae gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Weens die uitbreking van miltsiekte in die Bwabwata Nasionale Park word die publiek gewaarsku om nie in die Kavangorivier vis te vang,...

Emotional intelligence = higher salary?

2 dae gelede | Onderwys

While IQ remains a very strong predictor of career success, research suggests that people with high emotional intelligence (EI) are more likely to have higher...

Nou aan die gang

2 dae gelede | Kuns en vermaak

» Namkid, in samewerking met die FNCC, bied met trots die Sosiale Splash-veldtog aan. Hierdie veldtog fokus daarop om Namibiërs te verenig en om saam...

Analysing the finance industry

2 dae gelede | Onderwys

Shona NgavaAgapitus Ipinge is an Investment Banking Analyst from Standard Bank, as a prerequisite is to make sure that he talks to company executives and...