Trump se planne met staal, aluminium ongewild

Wil heffings van 25% en 10% instel

05 March 2018 | Ekonomie
Die Amerikaanse president gaan na verwagting volgende week ’n amptelik bevel vir die instelling van invoertariewe van onderskeidelik 25% en 10% op staal en aluminium onderteken.

Hy het nog geen besonderhede oor die plan – soos of sekere produkte of lande vrygestel gaan word nie – bekend gemaak nie.

“Ons gaan tariewe op staal- en aluminium-invoer hef,” het pres. Donald Trump Donderdag in die Withuis aan direkteure uit die metaalsektor gesê.

“Ons sal dit volgende week onderteken en dus gaan julle die eerste keer in ’n lang tyd beskerming hê.”

Trump het verskeie opsies oorweeg om die invoer van staal en aluminium te beperk nadat die departement van handel bevind het die invoer van dié twee hulpbronne bedreig die land se eie sekuriteit.

Van die VSA se vennote, soos Japan, is egter hewig daarteen gekant.

“Staal- en aluminiuminvoer uit Japan bedreig geensins die sekerheid van die bedryf in die VSA nie,” sê Hiroshige Seko, minister van handel van dié land.

Kanada – die grootste buitelandse verskaffer van staal aan die VSA – sê die maatreëls is onaanvaarbaar, terwyl die Europese Unie onderneem het om binne die volgende paar dae “sterk te reageer” met teenmaatreëls ingevolge die reëls van die Wêreldhandelsorganisasie.

Volgens Trump sal die maatreëls almal ’n gelyke kans gee, en dit makliker vir Amerikaanse maatskappye maak om uit te brei en werkers in diens te neem.

Mike Ferraro, uitvoerende hoof van Alumina in Melbourne, Australië, sê die hoër tariewe kan beteken dat Amerikaanse aluminiumaanlegte besiger gaan word.

Volgens inligting van Harbor Intelligence is daar bykomende kapasiteit vir sowat 490 000 ton wat nie tans gebruik word nie.

Chinese staalvervaardigers is egter glad nie ingenome met die plan nie.

Li Xinchuang, adjunkvoorsitter van die Chinese yster-en-staalvereniging, sê “dit is ’n dom handelsbeskermingsmaatreël wat net die VSA swakker in plaas van sterker sal maak”.

Die kredietgradeerder Moody’s Investor Service waarsku die beleid kan verreikende gevolge vir die VSA hê.

Atsi Sheth, ’n besturende direkteur by Moody’s, waarsku dat die VSA se mededingendheid en innovasie met verloop van tyd skade kan ly weens beskermende handelsbeleid.

Suid-Afrika

Suid-Afrika pas ook invoertariewe op sommige staalprodukte toe om die plaaslike mark te beskerm.

’n Invoertarief van 12% word op warmgewalste staal toegepas. Dit het in 2017 van krag geword en geld drie jaar.

In die tweede jaar sal dit tot 10% en in die derde jaar tot 8% daal. - Netwerk24

Soortgelyk

 

Man sterf op Walvisbaai-Swakopmund-pad

6 ure gelede | Ongelukke

Die 27-jarige Franico Esly Huseb is vandag omstreeks 07:30 dood, nadat die bakkie waarin hy op reis was op die pad tussen Swakopmund en Walvisbaai...

Eksamenuitslae dán bekend

7 ure gelede | Onderwys

Die voorlopige uitslae vir graad 10 (JSC) en graad 12 (NSSC) hoë vlak vir voltydse en deeltydse kandidate word aanstaande Donderdag (20 Desember) amptelik bekendgemaak....

Drie meisies verdrink in sandputte

8 ure gelede | Ongelukke

Die Namibiese polisie in die Ohangwenastreek het ‘n beroep op kontrakteurs gedoen om sandputte toe te stoot wat geskep is met die uitgrawe van sand...

1,6 miljoen toeriste besoek Namibië in 2017

9 ure gelede | Toerisme

Altesaam 2,2% meer toeriste het Namibië in 2017 as in die vorige jaar besoek met meer as 1,6 miljoen buitelandse toeriste wat die land ingestroom...

Studente betaal meer by Unam

9 ure gelede | Onderwys

Die finansiële verknorsing waarin die Universiteit van Namibië (Unam) verkeer, tesame met die algemene ekonomiese vooruitsig vir die land, het die universiteitsraad genoop om klasgelde...

Plunderwoude: Ministerie ontken ongerymdhede

20 ure gelede | Plaaslik

Elvira Hattingh - Die ministerie van landbou, water en bosbou sê die meerderheid permitte wat vir die oes en vervoer van hout uitgereik is, is...

Polisie op sy knieë

20 ure gelede | Polisie

Denver Kisting – Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, sê die land se finansiële verknorsing het die mag op sy knieë.Ndeitunga het...

Avihe-moordenaar het dalk landuit gevlug

20 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – As Avihe Cheryl Ujaha (9) nie deur iemand in haar binnekring vermoor is nie, is haar moordenaar(s) waarskynlik al landuit.Só sê die...

Weer vir 13 Desember 2018

20 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met geïsoleerde buie plek-plek in die noordelike en sentrale dele. Elders sal dit sonnig en baie tot...