Trump se muur: Du00eds hoe sake nou staan
Trump se muur: Du00eds hoe sake nou staan

Trump se muur: Dís hoe sake nou staan

Pres. Donald Trump van Amerika is woedend vir Nancy Pelosi, speaker van die huis van verteenwoordigers, omdat sy nie sy “kompromisvoorstel” oor R5,7 miljard vir ’n grensmuur aanvaar het nie.

Nie Trump óf die Demokrate, wat die huis beheer, is bereid om toe te gee in dié stryd wat die goedkeuring van die begroting verhinder nie. Dit beteken dat die federale regering op 22 Desember gedeeltelik gesluit is en minstens 800 000 amptenare vanaf 11 Januarie nie betaal word nie.

Trump het die afgelope weke soms gedreig om ’n nasionale noodtoestand af te kondig om hom in staat te stel om geld vir die muur te gebruik. Hy het egter telkens ook ontken dat hy dit wil doen.

NOODTOESTAND VERKLAAR

Joernaliste het van bronne in die Withuis verneem die dokumente wat Trump moet onderteken om ’n noodtoestand te verklaar word opgestel.

Op ’n vergadering tussen Trump en die Demokrate het hy uitgestap en gesê hulle mors sy tyd. Hy skryf op Twitter hy het vir hulle bye-bye gesê voordat hy uit die vergadering geloop het.

Trump hamer daarop dat talle immigrante Amerika onwettig binnekom en Amerikaanse burgers vermoor, aanrand en verkrag, berig Time.

Studies wys egter volgens Time dat immigrante minder misdaad as ander Amerikaners pleeg.

* Trump het in sy verkiesingsveldtog gesê Mexiko sal vir die muur betaal, maar hy het onlangs ontken dat hy dit gesê het.

* Hy het nog nie veel van die muur gebou nie.

* Niemand weet regtig hoeveel die muur sal kos nie, al vra Trump in dié begroting $5,7 miljard daarvoor.

* Trump wou eers ’n muur van beton hê, maar sê die muur kan ook van staal wees.

* Statistieke toon die getal immigrante wat die grens oorsteek, het sedert die jaar 2000 afgeneem. Nagenoeg 1,6 miljoen mense het die grens in 2000 oorgesteek, terwyl dit nou sowat 400 000 is. Dit is die laagste syfer sedert 1971.

* Die meeste onwettige immigrante het in Amerika agtergebly nadat hulle die land wettig binnegekom het. Minstens 700 000 mense het in 2018 agtergebly nadat hulle Amerika wettig binnegegaan het.

* ’n Grensmuur sal nie noodwendig die dwelms keer wat die land binnekom nie omdat dit glo deur wettige kanale ingesmokkel word.

BAKSTENE STUUR

Brad Parscale, Trump se raadgewer vir sy veldtog om in 2020 vir nog ’n termyn in die Withuis te bly, vra mense om bakstene vir Pelosi en Chuck Schumer te stuur sodat hulle die muur kan bou. Hy vra ’n skenking van US$20,20 om vir een baksteen te betaal, berig The Washington Times.

Trump het sen. Lindsey Graham, een van sy bondgenote, se voorstel dat hy die regering moet heropen om met die Demokrate te vergader van die hand gewys. Hy sê die regering sal gesluit bly solank as wat dit nodig is.

USA Today berig die sluiting van die regering is die langste in die Amerikaanse geskiedenis. Bill Clinton het voorheen dié “rekord” gehou. – Netwerk24/Reuters/BBC/Time/The Washington Times/USA Today

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!