Trump u2018sal met Iran se president praatu2019
Trump u2018sal met Iran se president praatu2019

Trump ‘sal met Iran se president praat’

Die Franse president het tydens die G7-spitsberaad probeer om tussen Iran en Amerika te bemiddel.
“Iran kry baie seer. Ek dink hy (pres. Hassan Rouhani) sal met my wil vergader om hul situasie uit te stryk. Ek het ’n goeie gevoel daaroor.”

Só het pres. Donald Trump van Amerika Maandag op ’n mediakonferensie in Biarritz, Frankryk, gesê ná die G7-spitsberaad.

Pres. Emmanuel Macron van Frankryk het tydens die beraad probeer om tussen Iran en Amerika te bemiddel te midde van voortdurende spanning tussen dié twee lande nadat Amerika sanksies teen Iran heringestel het.

Macron het op dieselfde mediakonferensie gesê Rouhani het aan hom gesê hy is ontvanklik vir ’n vergadering met Trump.

Macron hoop so ’n ontmoeting kan in die volgende weke wees. Trump en Rouhani sal albei in September by die Verenigde Nasies (VN) se algemene vergadering wees.

Wat ook al tydens só ’n vergadering bespreek of op ooreengekom word, is onderhewig aan die finale goedkeuring van Iran se opperleier, Ajatolla Ali Khamenei.

Trump het Iran beskryf as ’n land met “geweldige potensiaal” en gesê dit is realisties om ’n ontmoeting tussen hom en Rouhani te verwag. Hy het op dieselfde mediakonferensie gesê samesprekings is onderweg om krediet aan Iran beskikbaar te stel om sy ekonomie aan die gang te hou, maar ekonomiese sanksies sal nie opgehef word nie.

SANKSIES HERINGESTEL

Die spanning tussen die twee lande loop al hoe hoër nadat Trump Amerika onttrek het aan die 2015-kernverdrag tussen verskeie lande en Iran. Ingevolge dié verdrag, wat nog onder die Obama-regering onderhandel is, sou Iran sy kernwapenprogram inkort, in ruil daarvoor dat sanksies teen hom verlig word.

Nadat Trump Amerika onttrek het, het Amerika sy sanksies heringestel en selfs strenger gemaak.

Iran het onlangs in veglustige retoriek sy vermoë om Amerikaanse belange aan te val uitgebasuin.

“Hulle kan doen wat hulle sê hulle wil doen omdat wanneer hulle dit doen, sal hulle te doen kry met ’n regtig geweldige mag. So ek dink hulle sal soet wees,” het Trump daarop gesê.

Richard Nephew, wat deel was van die span wat die aanvanklike kernooreenkoms met Iran onderhandel het onder oudpres. Barack Obama, sê dit is onwaarskynlik dat Rouhani bereid sal wees om Trump te ontmoet voordat Amerika nie ’n bietjie skietgee met sy sanksies nie.

“Ek dink selfs ’n foto en ’n handdruk sal vir Rouhani te moeilik wees as daar nie onmiddellik daarna verligting van sanksies is nie,” sê Nephew.

Rouhani sê hy is bereid om Trump te ontmoet as dit Iran sal help. “As ek weet dat die probleme van my land opgelos sal word deur met iemand te praat, sal ek nie huiwer nie omdat die belangrikste ding die nasionale belang is,” sê Rouhani. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!