Trump: Russe het nie ons verkiesing beïnvloed

09 January 2017 | Internasionaal
Donald Trump, Amerika se aangewese president, het in 'n verklaring gesê die finale uitslag van die Amerikaanse presidentsverkiesing is nie geraak deur die Russe se inmenging in die land se rekenaarstelsels nie.
Hy het die verklaring uitgereik nadat hy 'n voorligting deur Amerika se intelligensiedienste bygewoon het. Vladimir Poetin, Rusland se president, word in die intelligensieverslag beskuldig van 'n kuberveldtog wat daarop gemik was om Hillary Clinton uit die Withuis te hou.
“Terwyl Rusland, China, ander lande, buitegroepe en individue gedurig probeer om die regering se kuberstrukture te kraak, was daar absoluut geen invloed op die verkiesing nie,” het Trump gesê.
Trump het met die hoofde van die CIA, die FBI en ander intelligensieburo's vergader oor die verslag oor Moskou se beweerde inmenging.
– Netwerk24

Soortgelyk
Boewe oorval egpaar op gewilde staproete
6 ure gelede | Misdaad
Stukrag vir Noordoewerdam
6 ure gelede | Plaaslik
RFA reserves fund arrears millions
6 ure gelede | Infrastruktuur
Hofstryd kom oor nuwe Oanob-ontwikkeling
6 ure gelede | Plaaslik
Weer, Donderdag 26 April 2018
6 ure gelede | Weer
Hof sê Moussongela se kinders moet bly
6 ure gelede | Howe
Slamet Jnr keeps the family name high
6 ure gelede | Motors
Taxi's terug in die tuig
6 ure gelede | In beeld
Troeteldiere op Okahandja gesteriliseer
6 ure gelede | Omgewing
Kleinadvertensies