Trump ontplooi duisende soldate op grens
Trump ontplooi duisende soldate op grens

Trump ontplooi duisende soldate op grens

Die operasie betrek die weermag in ’n polities gelaaide atmosfeer op die vooraand van die mediumtermynverkiesing op 6 November.
Pres. Donald Trump van Amerika het sy siening oor immigrasie laat geld met die aankondiging dat 5 200 Amerikaanse soldate op die grens met Mexiko ontplooi word om migrante op pad na Amerika te stuit.

Dit is baie meer as wat regeringsamptenare verlede week nog aangedui het, toe die getal op tussen 800 tot 1 000 geskat is.

Migrante wat deel is van ’n sogenaamde karavaan is van Suid-Amerika op pad na Amerika en loop op spoorlyne in Arriaga, Mexiko.

Skattings is dat dit 3 500 mense of dubbel soveel kan wees, hoewel sommige van hulle reeds weens ontbering tou opgegee het en ander in Mexiko agtergebly het.

Volgens genl. Terrence O’Shaughnessy, 'n weermagbevelvoerder, is 800 soldate reeds op pad na die grens tussen Arizona en Kalifornië.

Die operasie betrek die weermag in ’n polities gelaaide atmosfeer op die vooraand van die mediumtermynverkiesing op 6 November.

Trump wat die Suid-Amerikaanse migrantekwessie in verkiesingsveldtogte gebruik, het op Twitter gesê die weermag sal die migrante inwag. Dit suggureer ’n meer regstreekse konfrontasie as wat amptenare te kenne wil gee.

ONTPLOOING GEMAGTIG

“Baie bendelede en ongure mense is in die groepe wat na die suidelike grens beweeg,” sê Trump. “Gaan asseblief terug. Julle gaan nie in Amerika toegelaat word sonder ’n wettige proses nie. Dit is ’n inval van ons land en die weermag wag vir julle.”

Amerikaanse amptenare sê die weermag sal nie ’n aktiewe rol speel nie. Hulle stuur eerder ingenieurs, vlieëniers en ander ondersteuningspersoneel wat skarebeheer by die grenspos sal toepas.

Amptenare van die Pentagon het nie kommentaar gelewer nie.

Jim Mattis, minister van verdediging, het verlede week die ontplooing van die soldate en ander hulpbronne na die grens gemagtig.

Hulle kan teen Dinsdag ontplooi word en tot Desember diens doen. Die tydperk kan volgens amptenare ook verleng word.

Verlede week is versperrings en tydelike behuising deur die weermag opgerig.

Volgens Mattis word die logistiek steeds uitgewerk. Die operasies sal in fases geskied. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!