'Trump is 'n amateur u2013 en Poetin Mohammed Ali'
'Trump is 'n amateur u2013 en Poetin Mohammed Ali'

'Trump is 'n amateur – en Poetin Mohammed Ali'

Volgens 'n Amerikaanse koerant het Trump twyfel gesaai oor jarelange aannames oor die Weste se politieke, militêre en handelsvennootskappe.
Llewellyn Prince



Die ontmoeting Maandag tussen pres. Donald Trump van Amerika en pres. Wladimir Poetin van Rusland was die vreemdste en mees ongekende in die geskiedenis van dié twee lande.

Só het twee ­Suid-Afrikaanse kenners van ­internasionale poli­tiek Maandag dié geslote ­vergadering tussen dié twee leiers van die wêreld se twee grootste ­kernwapenmoondhede in die presidensiële paleis in Helsinki, Finland, beskryf.

Van die invloedrykste Amerikaanse en Britse media-instellings het ná 'n nuuskonferensie wat Trump en Poetin ná hul vergadering met joernaliste gehou het in hul berigte hoofsaaklik gefokus op Trump wat sy eie land se ­intelligensiedienste “onder die bus” gegooi het om Poetin te verdedig.

Die Amerikaanse intelligensiedienste meen Rusland het ingemeng by die verkiesings in 2016 wat Trump deur 'n kuberkraak- en fopnuus-veldtog teen sy ­vernaamste teenstaander, Hillary Clinton, gewen het.

Verlede week het die ­Amerikaanse owerhede 12 Russiese amptenare amptelik daaroor aangekla.

Die BBC het berig dat Trump na Poetin se “baie sterk” ontkenning oor die kwessie geen rede sien waarom Rusland sou ingemeng het nie.



ONTKEN INMENGING

Die Washington Post het berig dat Poetin ook Russiese ­inmenging ontken het.

Trump het sy land se ondersoek na die beweerde ­inmenging “as 'n ramp vir ons land” beskryf.

USA Today berig dat Trump se ­bereidwilligheid om Poetin te glo nie net teenstrydig met ­Amerikaanse intelligensieagent­skappe en wetmakers is nie, maar ook met sy eie nasionale sekuriteitsraadgewer, John Bolton, wat Sondag, nadat hy die klagstaat teen die 12 Russiese amptenare deur­gegaan het, gesê het dat dit moeilik is om te glo dat Poetin onbewus was van die verkiesingsinmenging.

Volgens die New York Times het Trump twyfel gesaai oor ­jarelange aannames oor die Weste se ­politieke, militêre en handels­vennootskappe.

“Hy het die dag begin deur Amerika, en nie vir Rusland nie, te blameer vir die spanning tussen die twee lande”, het die koerant verder berig.

Prof. Theo Neethling, hoof van die departement van politieke studies en regeerkunde by die Universiteit van die Vrystaat, sê die vergadering volg op Trump se vervreemding van Amerika se tradisionele Westerse bondgenote.

Neethling het gesê wat Poetin betref, is hy tans in 'n baie sterk ­diplomatieke posisie.

“Oor Poetin moet ook gesê word dat hy, anders as Trump, baie ­duidelike buitelandse beleidsdoelwitte nastreef en baie berekend is in sy optredes.



POETIN MEER ERVARE

“Daarby is hy baie meer ervare op die diplomatieke terrein as Trump en dit is daarom begryplik dat talle waarnemers in die Westerse wêreld baie skepties kyk na die moontlike positiewe uitkomste wat vir die VSA en die Westerse moondhede uit die gesprekke kan spruit.”

Prof. John Stremlau, kenner van internasionale politiek by die Universiteit van die Witwatersrand se departement van internasionale studies, het die vergadering beskryf as “'n amateurbokser (Trump) teen Mohammed Ali (Poetin)”.

“Poetin het goed voorberei, terwyl Trump dinge opmaak soos hy aangaan – soos ons met die verandering met Amerika se Navo-­bondgenote gesien het”.

Volgens Stremlau volg die ­vergadering te midde van erge bekommernisse in die Weste oor ­Russiese optrede in die Oekraïne, die Swartsee-skiereiland Krim en die ­Midde-Ooste.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.30/OZ UP +1.40% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.64/BBP UP +1.45% | Platinum US$ 907.62/OZ UP +1.42% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.30/OZ UP +1.40% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.64/BBP UP +1.45% | Platinum US$ 907.62/OZ UP +1.42%