Trump erken Russe sit wel agter kuberkrakery

10 January 2017 | Internasionaal
Donald Trump aanvaar die Amerikaanse intelligensiegemeen­skap se gevolgtrekking dat Rusland agter die kuberaanvalle tydens Amerika se presidentsverkiesing sit, sê sy aangewese personeelhoof.

Die land se aangewese president kan moontlik optree in reaksie daarop.

Reince Priebus, Trump se aangewese personeelhoof, sê Trump glo Rusland het by die Demokratiese party se rekenaarstelsels ingebreek.

Priebus het egter nie uitgestippel of Trump glo die kuberkrakery is in opdrag van die Russiese president, Wladimir Poetin, uitgevoer nie.

“Hy aanvaar entiteite in Rusland was in hierdie spesifieke geval betrokke, dus is dit nie die kwessie nie,” het Priebus op Fox News Sunday gesê.

Dit was die eerste keer dat 'n senior lid van Trump se span erken het Rusland was agter die kuberkraking en die daaropvolgende onthulling van die Demokrate se e-posse tydens die presidentsverkiesing in 2016.

Trump het vroeër volgehou die Amerikaanse presidentsverkiesing is nie deur die Russe se inmenging in die land se rekenaarstelsels geraak nie.

Trump het eers dié beweringe afgemaak asook aantygings dat Rusland sodoende probeer het om hom te help om die verkiesing te wen. Hy het gesê dit kon net so wel China gewees het of 'n oorgewig kuberkraker in sy bed.

Met minder as twee weke voor sy amptelike inhuldiging as president, het Trump onder toenemende druk uit Republikeinse geledere gekom om die intelligensiegemeenskap se bevindinge oor die Russiese kuberkraking te aanvaar asook ander pogings deur Moskou om die verkiesing te beïnvloed.

'n Belangrike toets vir die Republikeinse steun vir Trump kom vandeesweek. Die eerste bevestigingsverhore oor sy keuses vir sy kabinet vind plaas.

In 'n Amerikaanse intelligensieverslag is verlede week gesê Poetin het 'n gesofistikeerde veldtog, wat kuber­aanvalle insluit, van stapel gestuur om Hillary Clinton, die Demokrate se kandidaat, te verguis en om Trump te steun.

Die verslag is in opdrag van Barack Obama, die uittredende president, saamgestel. Volgens die verslag is bevind dat stemgetalle nie deur die Russe se inmenging beïnvloed is nie, maar dit kon nie bepaal word of dit die uitslag van die stemmery op enige ander manier geraak het nie.

Trump is Vrydag deur die hoofde van die Amerikaanse intelligensieagent­skappe oor die volledige geklassifiseerde verslag ingelig.

- Netwerk24/Reuters

Soortgelyk

 

Sendelinge uit die selle

2 ure gelede | Mense

Tanja Bause - “Ons is nie kwaad nie, ons is hier vir die kinders, die jeug, enkel- en werklose moeders en ons wil graag aangaan...

Daar's water in die Ugab

2 ure gelede | In beeld

Die Ugabrivier het Maandagoggend vir die eerste keer in vier jaar gevloei. Mnr. Basil Calitz van die Brandberg-ruskamp op Uis het dit op sy kamera...

Khomasskole sonder water

2 ure gelede | Onderwys

Augetto Graig – Verskeie skole in die Khomasstreek sit sonder water nadat die ministerie van onderwys, kuns en kultuur versuim het om hul munisipale rekeninge...

Antraks oorsaak van leeu se dood

2 ure gelede | Omgewing

Des Erasmus Miltsiekte was die oorsaak van die dood van die woestynleeu XPL 98 in die Ugabvallei. Bevestiging van die bevinding is deur 'n staatsveearts...

Jong vrou se lyk naby kragstasie gevind

2 ure gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht - 'n Verbyganger op die B1-pad langs die Van Eck-kragstasie in Windhoek het gister 'n grufonds gemaak toe hy op die lyk van...

Ondersoek na ongewenste verhoudinge

2 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht Intieme verhoudinge tussen onderwysers en leerlinge kom algemeen in veral plattelandse skole in Namibië voor. Terselfdertyd is ouers, onderwysers en skoolhoofde hiervan bewus,...

Weer vir 18 Januarie

2 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm in die //Kharasstreek, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met geïsoleerde donderbuie. KUS: Gedeeltelik bewolk...

Klagte sluit onder meer geldwassery en bedrog in

2 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw Die borgtogaansoek van mnr. Laurentius Julius en twee Chinese burgers, mnre. Tao Huizhong en Huang Jinrong, in 'n saak wat betrekking het op...

Gimmies herdenk 10 jaar

2 ure gelede | Onderwys

Maria Eiseb - Windhoek Gimnasium het gister sy tiende bestaansjaar gevier. Volgens die besturende direkteur van die skool, me. Colette Rieckert, het die skool sy...