Trump, Clinton wil skoonskip maak in noordooste
Donald Trump het sy visier op al vyf noordoostelike state wat gister voorverkiesings gehou het. Sy oorblywende teenstaanders vestig nou hul hoop op ’n samewerkingstrategie in die volgende rondte van die verkiesing.
Vir die Demokratiese-voorloper, Hillary Clinton, sal oorwinnings in die meeste van Dinsdag se wedlope die weg baan dat sy haar party se nominasie verseker. Haar teenstaander, Bernie Sanders, se span het gemengde boodskappe oor sy aansien in die wedloop gestuur met een raadgewer wat aangedui het dat ’n moeilike nag vir die senator van Vermont voorlê.
Clinton kyk reeds verder as Sanders en het hom skaars genoem in onlangse openbare optredes. Sy fokus nou haar aanvalle op Trump en sê hy is uit voeling met Amerikaners.
“Indien jy die president van Amerika wil wees, moet jy Amerika ken. Moenie net met ’n reuse straler invlieg, land en ’n toespraak gaan afsteek waarin jy enige iemand aan wie jy kan dink, beledig nie,” het sy gesê.
Voorverkiesings is gister in Pennsylvania, Connecticut, Delaware, Maryland en Rhode Island gehou. Kandidate en groepe wat hulle ondersteun het US$13,9 miljoen aan advertensies alleen in hierdie state bestee. Demokrate het vir 384 afgevaardigdes en Republikeine vir 172 meegeding.
Trump het tot dusver die meeste afgevaardigdes aan die Republikeine se kant, maar die sakeman mag die 1 237 afgevaardigdes misloop, wat voor die konvensie nodig is om die party se nominasie te verseker. Hy is egter die enigste kandidaat wat binne bereik van die 1 237 afgevaardigdes is. Hy kan egter te kort skiet wat sal meebring dat die nominasie in Julie in Cleveland by die konvensie gedoen sal moet word. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie