Trotse Prinsloos oor nuwe Hollywood-pienkvoet
Trotse Prinsloos oor nuwe Hollywood-pienkvoet

Trotse Prinsloos oor nuwe Hollywood-pienkvoet

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



“Om jou kleinkind die eerste keer vas te hou, is 'n wonderlike ervaring. En dit was hierdie keer weer so.”

Só het past. Boet Prinsloo van Grootfontein, pa van die supermodel Behati Prinsloo, die naweek uit Los Angeles in Amerika aan Republikein vertel.

Hy en sy vrou, Magda, was Donderdagaand (Namibiese tyd) by toe klein Gio Grace Levine in die Cedars-hospitaal in Hollywood haar opwagting gemaak het.

Sy is Behati (28) en die Amerikaanse sanger en akteur, Adam Levine (38), van Maroon 5, se tweede baba. Hulle is in 2014 in Mexiko getroud nadat hulle in 2012 begin uitgaan het.

“Dit gaan goed met mamma en baba en hulle is gesond,” vertel Boet.

Haar ousus, Dusty Rose (18 maande), het volgens hom aanvanklik lank na die nuweling gekyk toe sy aan kleinsus voorgestel is.

“Ousus het net na haar gestaar en ná 'n rukkie aan haar geraak en haar handjie vinnig weer teruggetrek,” sê hy.

Dusty Rose en pa Adam is ook in dié hospitaal gebore.

Gio is kort vir Giosia, 'n wisselvorm van die Hebreeuse naam Joshua, wat “God is redding” beteken, vertel Boet.

Behati het verlede maand in 'n ­onderhoud met die tydskrif People vertel moederskap behels dat jy iemand liewer het as wat jy ooit kon dink.

“Ek is lief vir Adam, en wanneer jy verlief raak op iemand en trou, dink jy daar is geen groter liefde nie. En dan kry jy 'n baba en dit is net hierdie nuwe vlak van liefde,” het sy gesê.

Behati se lewe is 'n sprokiesverhaal wat haar van die skoolbanke van Grootfontein, waar sy grootgeword het, na die glanswêreld van internasionale loopplanke gelei het.

Sy is die Prinsloos se enigste kind.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!