Trop ysbere neem Russiese eiland oor
Inwoners van ’n afgeleë Russiese eiland het splinternuwe probleme nadat ’n trop ysbere die eiland oorgeneem het.
Owerhede op Nova Zembla, noord van Rusland in die Arktiese Oseaan, het ’n noodtoestand afgekondig nadat al hoe meer inwoners deur die bere aangeval is en die diere begin het om huis binne te dring.
Sowat 2 500 mense woon op die eiland, wat gedurende die Koue Oorlog ’n geheime militêre basis was.
Die bere, wat weens klimaatsverandering in groot getalle na eilande soos Nova Zembla vlug, word nie meer deur patrollies of waarskuwingskote afgeskrik nie.
Ysbere is ’n bedreigde spesie en dit is onwettig om die diere te jag. Die federale omgewingsagentskap het spesiale toestemming geweier dat owerhede op die eiland die bere van kant mag maak. ’n Drastiese oplossing word nou dringend gesoek, sê amptenare.
Inwoners van die eiland se grootste nedersetting het reeds 52 individuele bere getel wat tussen huise en sakeondernemings rondloop. Tussen ses en tien bere het hulself permanent in die dorp tuisgemaak, berig die BBC.
Vyf bere woon ook nou houtgerus by ’n militêre garnisoen waar ’n lugmagbasis gesetel is.
In ’n verklaring sê Wigansja Moesin, plaaslike administratiewe hoof, dit is die ergste indringing van ysbere wat hy tot nog toe gesien het. Hy woon sedert 1983 op die eiland.
“Mense is bang om hul huis te verlaat en hul daaglikse roetine word onderbreek,” sê hy.
Ouers weier om hul kinders skool toe te neem.
Omdat die ys weens klimaatsverandering so vinnig in die Arktiese gebied smelt, word ysbere gedwing om na eilande te vlug op soek na kos en skuiling.
Hoewel die bere op Nova Zembla tot dusver nog niemand doodgemaak het nie, is van die inwoners al aangeval. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie